Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Waarvan vs. van wie

Die uitdrukkings waarvan en van wie word dikwels verwar en word as wisselvorme gebruik hoewel dit nie altyd korrek is nie.

 

Waarvan verwys na ’n voorwerp. Byvoorbeeld:

  • ’n Spel waarvan ons die reëls ken
  • Die huis waarvan die dak afgewaai het

Van wie verwys na ’n persoon of persone. Byvoorbeeld:

  • Die man van wie jy my vertel het.
  • Die mense van wie ander mense geskinder het.

 


Let op!

 

Ons sê wel:

  • Die man wat daar loop (en nie *Die man wie daar loop nie)

Sodra die betreklike voornaamwoord egter deur ’n voorsetsel voorafgegaan word, word dit egter wie. Daarom sal ons sê:

  • Die vrou vir wie ons inkopies doen


'n Ander foutiewe konstruksie wat deesdae baie in Afrikaanse spreektaal gesien word, is om 'n voorsetsel + dit te gebruik, in plaas van die meer korrekte waar+voorsetsel. Byvoorbeeld:

  • Hy het geen twyfel daaroor nie teenoor *Hy het geen twyfel oor dit nie
  • Sy het daarvoor gevra teenoor *Sy het vir dit gevra

 






Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties