Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 08-10-2026 (vlak 2)



vorige toets 08 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-10-2026 só ingevul:



Die ........ president moet weens die jongste skandaal oral vure doodslaan.
72 % (afgerond)beleërde 
26 % (afgerond)beleerde
2 % (afgerond)belegerde
1 % (afgerond)belêerde

Die woord "beleër" in die betekenis van 'lastig val' word met 'n deelteken geskryf. Vergelyk die woord "leër" wat 'krygsmag' beteken.
Bron: HAT
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Dit is die ........ liedjie wat ek nog gehoor het.
94 % (afgerond)eentonigste  
eentonig
5 % (afgerond)mees eentonigste
meer eentonig

Trappe van vergelyking volg gewoonlik ’n gevestigde patroon: Daar is die stellende trap, byvoorbeeld “eentonig”, die vergrotende trap, byvoorbeeld “eentoniger” en die oortreffende trap, byvoorbeeld “die eentonigste”.

Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.



Verlos ons van die ........ .
18 % (afgerond)bose
48 % (afgerond)bose of Bose
34 % (afgerond)Bose 

Woorde wat die teendeel van godsdienstige eerbiedsbenamings benoem, word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Die strepe in die pad het al verdof.
Onder watter subkategorie van woordsoorte val die woord "strepe" in bostaande sin?
89 % (afgerond)soortname 
1 % (afgerond)straatname
2 % (afgerond)stofname
8 % (afgerond)eiename

Soortname is selfstandige naamwoorde wat konkrete dinge benoem en getel kan word, byvoorbeeld "streep", "tafel", "motor" en "telefoon". Soortname begin gewoonlik met 'n kleinletter, teenoor eiename wat met 'n hoofletter begin.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
72% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties