Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 13-10-2026 (vlak 3)



vorige toets 13 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 13-10-2026 só ingevul:



'n Stuk ........ kan tot verskillende soorte yster verwerk word.
2 % (afgerond)ruÿster
36 % (afgerond)ruyster 
rueister
62 % (afgerond)ru-yster

’n Opeenhoping van vokale tussen dele van ’n samestelling bring nie noodwendig leesbaarheidsprobleme mee nie en ’n koppelteken is dus onnodig, byvoorbeeld "ruyster", “handearbeid”, “naoorlogs”, “pouoogmot” (AWS 12.1a).
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.



Die vroulik van "regent" is ........ .
2 % (afgerond)regentster
7 % (afgerond)regentrise
84 % (afgerond)regentes 
7 % (afgerond)regentis

'n "Regent" (manlik) of "regentes" (vroulik) is 'n plaasvervanger vir 'n koning(in).

Afrikaans besit die vermoë om tussen twee geslagte te onderskei, maar in die meeste gevalle word die manlike vorm (of indien moontlik die onsydige vorm) egter in publikasies gebruik.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.



Ek het ........ as module op universiteit geneem.
8 % (afgerond)Beginnersspaans
60 % (afgerond)Beginnerspaans 
23 % (afgerond)beginners-Spaans
8 % (afgerond)beginners Spaans

In 'n saamgestelde taalbenaming wat sonder 'n koppelteken vas geskryf word, begin slegs die samestelling met 'n hoofletter en nie ook die basiese taalbenaming nie.
Sien ook die bladsy Taalbenamings.



Die betogers sê hulle wil net hul grondwetlike reg op behoorlike behuising ........ .
6 % (afgerond)beoefen
1 % (afgerond)oefen
inoefen
93 % (afgerond)uitoefen 

Die woord "uitoefen" beteken 'laat geld'; die woord "beoefen" beteken 'toelê' of 'jou gereeld mee besig hou'; die woord "oefen" verwys na 'n fisieke aktiwiteit soos sport of 'n vaardigheid.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
68% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties