Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 20-10-2026 (vlak 1)



vorige toets 20 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 20-10-2026 só ingevul:



Afrikaanse rolprente is ........ baie gewild
9 % (afgerond)huidiglik
91 % (afgerond)tans 

"Huidiglik" is 'n modewoord en is eintlik 'n anglisisme. "Tans" of "op die oomblik" is eerder korrek.
Sien ook die bladsy Anglisismes.



Dikeledi is my ........ .
1 % (afgerond)peutkind
98 % (afgerond)peetkind 
1 % (afgerond)peet kind
peut kind

ʼn Samestelling ("peetkind") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("peet" en "kind") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Toe ons Keukenhof in Nederland besoek het, het ons die mooiste ........ gesien.
Tilpe
3 % (afgerond)Tulpe
97 % (afgerond)tulpe 
tilpe

Die gewone benaminge van plante en diere begin met kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Idioom: ........ trou met Wolf se vrou.
12 % (afgerond)Skaap
Aap
Leeu
88 % (afgerond)Jakkals 

Hierdie idioom beteken 'dit reën terwyl die son skyn'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



TOTAALRESULTAAT:
93% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties