Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 03-11-2026 (vlak 3)



vorige toets 03 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 03-11-2026 só ingevul:



Jason het 'n eier in die veld opgetel; dit lyk soos 'n ........ .
75 % (afgerond)tinktinkie-eiertjie 
14 % (afgerond)tinktinkie eiertjie
11 % (afgerond)tinktinkieëiertjie

As ʼn opeenhoping van dieselfde of verskillende vokaalletters tussen dele van samestellings meebring dat die woord verkeerd gelees kan word, word ʼn koppelteken tussen die dele geplaas (AWS 12.1).
Sien ook die bladsy Vokaalopeenhoping.



Die vroulik van "swaer" is ........ .
stiefsuster
99 % (afgerond)skoonsuster 
nig
swaerin

Die woord "skoonsuster" staan teenoor "swaer", soos wat "nig" teenoor "neef" staan.
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.



Job se lewe het gespreek van ........ .
18 % (afgerond)slegs Godvresendheid
50 % (afgerond)slegs godvresendheid 
32 % (afgerond)Godvresendheid of godvresendheid

Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



'n Sinoniem vir die abstrakte selfstandige naamwoord "ontsag" is ........ .
98 % (afgerond)respek 
1 % (afgerond)minagting
2 % (afgerond)deernis

Behalwe vir "respek" is daar ook ander sinonieme vir "ontsag", waaronder "eerbied" en "agting".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
81% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties