Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 08-05-2024 (vlak 3)



vorige toets 08 MEI Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 08-05-2024 só ingevul:



Die ........ moes by vele spoggerige geleenthede optree.


70 % (afgerond)attaché 
1 % (afgerond)attache
30 % (afgerond)attachè

Die akuutteken word dikwels by woorde van vreemde herkoms gebruik.
Sien ook die bladsy Gravis-/akuutteken.




Die ........ babadogtertjie is blakend gesond ná 'n suksesvolle operasie.


14 % (afgerond)ses-week oue
46 % (afgerond)ses weke oue 
18 % (afgerond)sesweek oue
22 % (afgerond)ses-weke-oue

Woorde wat tydsduur of mate aandui ("weke") gevolg deur ’n byvoeglike naamwoord ("oue") word los geskryf byvoorbeeld "16 maande lange", "ses weke lange" en "drie uur lange".
Sien ook die bladsy Samestellings.




Haar lewe spreek van ware ........ .


62 % (afgerond)slegs godsvrug 
29 % (afgerond)godsvrug of Godsvrug
9 % (afgerond)slegs Godsvrug

Samestellings en afleidings met "god-" as eerste element wat nie meer as eiename optree nie, begin gewoonlik met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Idioom: Die ........ wil slimmer wees as die hen.


4 % (afgerond)wurm
48 % (afgerond)eier 
43 % (afgerond)kuiken
5 % (afgerond)haan

Die uitdrukking "die eier wil slimmer wees as die hen" word gesê as 'n student sy/haar leermeester wil teregwys.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo.)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
57% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties