Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 12-09-2019 (vlak 1)



vorige toets 12 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 12-09-2019 só ingevul:



Die Van Zyls woon ........ ons.


8 % (afgerond)reg-oor
74 % (afgerond)regoor 
18 % (afgerond)reg oor

ʼn Samestelling ("regoor") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("reg" en "oor") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Die koningsprotea is die grootste lid van die Protea-genus. (Die protea is Suid-Afrika se nasionale blom ........


54 % (afgerond)).
42 % (afgerond).) 
4 % (afgerond).).

As 'n hele sin tussen hakies is, kom die hakie voor die eerste woord en ná die punt.
(Bronne:
http://af.wikipedia.org/wiki/Lys_van_Nasionale_Simbole_van_Suid-Afrika
http://af.wikipedia.org/wiki/Koningsprotea)
Sien ook die bladsy Hakies.




Monique is die enigste ........ tussen die dorings en geniet die mans se geselskap.


81 % (afgerond)roos 
3 % (afgerond)plant
15 % (afgerond)blom

Die idioom "roos tussen die dorings" beteken 'nooi tussen die kêrels. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Wie is die redakteur van Rapport?


52 % (afgerond)Tim du Plessis
6 % (afgerond)Waldimer Pelser
39 % (afgerond)Waldimar Pelser 
3 % (afgerond)Thim du Plessis

"Waldimar" is 'n variant van die naam "Waldemar", "Valdemar" of "Vladimir", wat in die oorspronklike Oudslawies 'bekende heerser' beteken. "Pelser" is 'n van van Duitse oorsprong.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




TOTAALRESULTAAT:
59% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties