Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 16-03-2020 (vlak 1)



vorige toets 16 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 16-03-2020 só ingevul:



Vir geslagtelike ........ is 'n manlike en vroulike geslagsel nodig.


99 % (afgerond)voortplanting 
foort planting
1 % (afgerond)foortplanting
voort planting

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Die ........ breek op die strand.



97 % (afgerond)branders 
brendersens
2 % (afgerond)brandere
1 % (afgerond)branderse

Naamwoorde wat op “l”, “m”, “n”, “ng” of “r” eindig waarvan die vorige vokaal kort is, kry ’n “-s” in die meervoud, byvoorbeeld "brander - branders", "skerm - skerms", "kuiken - kuikens" (AWS 13.3).
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




ʼn ........ vir kranksinniges gaan in Du Toitstraat gebou word.



1 % (afgerond)gestug
10 % (afgerond)gestig
7 % (afgerond)Gestug
83 % (afgerond)Gestig 

Die eerste woord van ʼn sin begin met ʼn hoofletter, tensy die sin met die onbepaalde lidwoord “ ʼn” begin – dan kom die hoofletter ná die onbepaalde lidwoord.
Sien ook die bladsy Sinsbegin.




'n Sinoniem vir die woord "bietjie" is ........ .


4 % (afgerond)niks
13 % (afgerond)ewe
83 % (afgerond)effens 

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "bietjie" en "effens".
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
90% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties