30 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 30-04-2024 só ingevul:
Die lyk van die ........ man is ná die teregstelling begrawe.
onthoofte onthoofde of onthoofte
onthoofde
onthoof
ʼn Deelwoord is ʼn woord wat deels ʼn werkwoord en deels ʼn ander woordsoort (selfstandige of byvoeglike naamwoord) kan wees. As die werkwoord op “f”, “g” of “s” eindig, kry dit “ge-+-te” of “ge-+-de” in die deelwoordvorm.
Sien ook die bladsy Deelwoorde.
Sy het 'n uitroep van skok ........ nadat sy die regter se uitspraak gehoor het.
gëuiter geuiter
geüiter
ge-uiter
Ter wille van tradisie, of omdat daar geen uitspraakprobleme bestaan nie, word die deelteken nie in hierdie geval gebruik nie, selfs al behoort die betrokke aangrensende vokaalletters tot verskillende lettergrepe.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.
Daar is slegs een vroedvrou in die ........ .
kouga plaaslike munisipaliteit Kouga Plaaslike Munisipaliteit
Kouga plaaslike Munisipaliteit
Geografiese name, byvoorbeeld die name van provinsies en streke, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
Die oplossing wat julle voorstel, is erg kwestieus. 'n Sinoniem vir die woord "kwestieus" is ........ .
kommerwekkend
beklemmend
opwindend twyfelagtig
Sinonieme is woorde wat min of meer dieselfde betekenis het. Die woord "kwestieus" word nie so dikwels gebruik nie en is nogal deftig. Bron: HAT6.
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)