14 JAN (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 14-01-2025 só ingevul:
Ter wille van volhoubaarheid moet ons herwin. Wat is die woordsoort van die woord "herwin" in bostaande sin?
werkwoord
selfstandige naamwoord
bywoord
adjektief
'n Werkwoord benoem die aksie of proses in 'n sin. Een manier om vas te stel of 'n woord 'n werkwoord is, is om te kyk of daar 'n verledetydsvorm van die woord bestaan, wat gewoonlik met "ge-" aangedui word. Sommige woorde, soos "herwin" kry egter nie 'n "ge-" vooraan nie.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verkies jy ’n trui met ’n ........ of ’n halternek?
V nek V-nek
vnek
veenek
Wanneer ʼn syfer, simbool of getal met ʼn woord verbind om ʼn samestelling te vorm, word die syfer, simbool of getal met ʼn koppelteken aan die res verbind, byvoorbeeld V-nek, B-graad, C-klas.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.
Die ........ het met sy gedig uiting aan sy emosie gegee.
dugter digter
Dugter
Digter
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "digter", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Idioom: Dit is ........ op my wonde.
asyn salf
pleisters
gal
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)