Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 17-10-2024 (vlak 2)



vorige toets 17 OKT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-10-2024 só ingevul:



Die ganse snater asof iets hulle hinder.
Ag hou jou snater, man!
Die woord "snater" in bogenoemde sinne is 'n ........ .
20 % (afgerond)poliseem 
2 % (afgerond)antoniem
3 % (afgerond)sinoniem
75 %homoniem

Poliseme is woorde wat dieselfde klink en gespel word, waarvan die betekenis verskil, maar tog verwant is, byvoorbeeld "snater", die geluid wat ganse maak en "snater" beledigende sinoniem van 'mond'.
Sien ook die bladsy Poliseme.



Sodra my niggie begin kla dat daar nie 'n film oor 'n meerman is nie, paai ek haar dat dit nou eers tyd is vir die ........ om in films te speel.
94 % (afgerond)meermin 
2 % (afgerond)meermanes
1 % (afgerond)meermanster
3 % (afgerond)meervrou

Sommige manlike en vroulike vorms moet aangeleer word. Dis meer algemeen om manlike vorms te vervoeg met "-es" soos in "prins" en "prinses", of "-ster" soos in "omroeper" en "omroepster".
Sien ook die bladsy Manlik/vroulik.



Dit is 'n ........ beleid.
84 % (afgerond)onchristelike 
13 % (afgerond)on-Christelike
3 % (afgerond)Onchristelike

Byvoeglike naamwoorde wat van eiename afgelei is en met "on-" begin, word met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.



Saartjie drink elke dag omtrent ........ water.
3 % (afgerond)2 li
28 % (afgerond)2l.
1 % (afgerond)2li.
68 % (afgerond)2 l 

SI-simbole word nie deur 'n punt gevolg solank as wat dit nie aan die einde van 'n sin staan nie. Daar kom ook altyd 'n spasie tussen die getal en SI-simbool.
Sien ook die bladsy Simbole.



TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties