16 APR (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-04-2025 só ingevul:
Die welwillendheidsorganisasie hou vandeesweek 'n ........ om rondloperkatte in die buurt te steriliseer.
kat sterilisasie dag katsterilisasiedag kat sterilisasie-dag
ʼn Samestelling (“katsterilisasiedag”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“kat” "sterilisasie" en “dag”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die kleinkinders kom ........ vir ouma kuier.
more môre of more möre môre
Waar 'n "o" in 'n oop lettergreep voorkom, dui die kappie daarop dat dit lank uitgespreek word. In hierdie geval is "môre" en "more" wisselvorme, aangesien twee verskillende uitsprake moontlik is.
Sien ook die bladsy Kappie.
Dit gaan goed met hulle; hulle is ........ en gesond.
moddervet spiervet papvet bottervet
Die intensiewe vorme van "vet" sluit in "moddervet", "spekvet", "blinkvet" en "rondvet". (Bron: Groot Woordeboek)
Die VN bespreek weer vandag die ........ krisis in die Midde-Ooste.
siriese Siriese sirise Sieriese
Geografiese byvoeglike naamwoorde word altyd met 'n hoofletter geskryf, byvoorbeeld "Siriese konflik", "Indiese kerrie", "Amerikaanse dennehout".
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)