Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 16-01-2019 (vlak 2)



vorige toets 16 JAN volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-01-2019 só ingevul:



'n Sinoniem vir "veiligheid" is ........ .


58 % (afgerond)sekerheid of sekuriteit 
27 % (afgerond)slegs sekuriteit
11 % (afgerond)skuiling of bewaring
4 % (afgerond)slegs sekerheid

Hoewel sommige bronne 'n onderskeid maak in die betekenis van "sekerheid" en "sekuriteit" beskou die WAT en HAT dit as sinonieme.
Sien ook die bladsy Sinonieme.




Voedselsoorte wat ryk aan arginien is, sluit in ........ heelgraanprodukte, bruinrys, hawermout, sjokolade, karob, mielies, suiwelprodukte, rosyne, neute en sade.


17 % (afgerond);
6 % (afgerond),
53 % (afgerond): 
25 % (afgerond)geen leesteken

Die dubbelpunt word onder meer gebruik wanneer ons 'n reeks dinge opnoem.
Sien ook die bladsy Dubbelpunt.




Idioom: Die ........ uit die vuur krap.


65 % (afgerond)kastaiings 
28 % (afgerond)kastaiïngs
3 % (afgerond)kierangs
4 % (afgerond)kastanjes

As jy iemand help om ʼn moeilike taak te voltooi, sê ons in die idioom jy help hom om die kastaiings uit die vuur te krap.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Desmond Tutu was die voorsitter van die ........ .


8 % (afgerond)Kommissie Vir Waarheid En Versoening
84 % (afgerond)Kommissie vir Waarheid en Versoening 
3 % (afgerond)kommissie vir waarheid en versoening
6 % (afgerond)Kommissie vir waarheid en versoening

Saakname wat as eiename optree, byvoorbeeld die name van kommissies, komitees of rade, begin met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.




TOTAALRESULTAAT:
65% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties