Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 29-08-2019 (vlak 1)



vorige toets 29 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 29-08-2019 só ingevul:



Die galjoen is in ........ swartbruin tot donkergrys van kleur.


13 % (afgerond)rots-areas
67 % (afgerond)rotsareas 
20 % (afgerond)rots areas

Samestellings is woorde wat uit twee of meer woorddele bestaan. Hierdie soort woorde moet vas geskryf word.
(Bronne: http://af.wikipedia.org/wiki/Lys_van_Nasionale_Simbole_van_Suid-Afrika
http://af.wikipedia.org/wiki/Galjoen)
Sien ook die bladsy Samestellings.




Dit is ʼn werk wat groot ........ vaardigheid vereis.


6 % (afgerond)intelektueel
11 % (afgerond)intellektuële
13 % (afgerond)intelektuële
70 % (afgerond)intellektuele 

Daar kom nie 'n deelteken op die "e" na die "u" nie, aangesien die klank nie as 'n diftong uitgespreek kan word nie.
Sien ook die bladsy Deelteken.




Idioom: Donkerwerk is ........ .



10 % (afgerond)donderwerk
75 % (afgerond)konkelwerk 
5 % (afgerond)bose werk
9 % (afgerond)duister werk

Die idioom "donkerwerk is konkelwerk" beteken 'werk wat in die donker gedoen word, kan nie goed wees nie'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




My broer is 'n regte ........ .


74 % (afgerond)japie 
26 % (afgerond)Japie

Eienaamverbleking vind plaas waar 'n eienaam (soos "Japie", wat met 'n hoofletter begin) op 'n figuurlike manier gebruik word (soos "japie" wat verwys na 'n agterlike persoon). Indien die figuurlike betekenis gebruik word, begin dit met 'n kleinletter.
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties