Mobiele weergawe | Na groot weergawe



Antwoorde van 05-08-2025 (vlak 2)



vorige toets 05 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-08-2025 só ingevul:



Die beskuldigde het hom na die Appèlhof gewend in 'n ........ poging om sy vonnis te keer.

1 % (afgerond)desperaat
98 % (afgerond)desperate 
1 % (afgerond)desperaate
desperade

Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan. Die "a" word nie verdubbel nie, aangesien die vokale “a”, “e”, “o” en “u” in oop lettergrepe nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.



Die ekoloog is bekommerd oor die ........ in die gebied.
97 % (afgerond)omgewingsagteruitgang 
omgewingenagteruitgang
1 % (afgerond)omgewingensagteruitgang
2 % (afgerond)omgewingagteruitgang

Die “s”-verbindingsklank kom feitlik altyd voor waar die eerste woord in ʼn samestelling op “-ing”, “-skap”, “-heid” en “-(i)teit” eindig. Byvoorbeeld "omgewingsagteruitgang” en “identiteitskrisis”. (Bron: AWS)

Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.



Kaapstad is in die ........ geleë.
wes Kaap
17 % (afgerond)Weskaap
wekaap
83 % (afgerond)Wes-Kaap 

Indien rigting in 'n naam aangedui word, begin die rigtingkomponent ook met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.



As jy by die trappe oploop, wanneer jy by die oorloop kom, is die kamer aan die regterkant.
'n Sinoniem vir die woord "oorloop" in bostaande sin, is 'n ........ .
3 % (afgerond)reling
36 % (afgerond)landing
8 % (afgerond)verdieping
53 % (afgerond)trapportaal 

'n "Oorloop" in dié konteks is die plat oppervlak tussen stelle trappe, gewoonlik waar daar 'n paar deure is voordat 'n mens na die volgende stel trappe gaan.
Bron: WAT
Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "oorloop - trapportaal", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Sien ook die bladsy Sinonieme.



TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties