Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 29-10-2019 (vlak 1)



vorige toets 29 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 29-10-2019 só ingevul:



Woorde wat 'n selfstandige naamwoord beskryf, is ........ .


87 % (afgerond)byvoeglike naamwoorde 
2 % (afgerond)tussenwerpsels
7 % (afgerond)bywoorde
3 % (afgerond)voorsetsels

Die "byvoeglike naamwoord" word ook 'n "adjektief" genoem. Dit sê vir ons meer oor die saak in die selfstandige naamwoord.
Sien ook die bladsy Vertaling en terminologie.




Ek hou van my ........ halfgaar.


3 % (afgerond)bifstuk
3 % (afgerond)bief stuk
93 % (afgerond)biefstuk 
1 % (afgerond)bief-stuk

ʼn Samestelling ("biefstuk") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("bief" en "stuk") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.




Ek het Dinsdag by ........ Botha klas.


70 % (afgerond)meneer 
30 % (afgerond)Meneer

Aanhefvorme wat nie as aanspreekvorme gebruik word nie, word met 'n kleinletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




"Hoe gaan dit met jou nadat jy die kompetisie gewen het, Danie?"
"Met my gaan dit ........ !" sê Danie.


10 % (afgerond)klop-dissel-boom
7 % (afgerond)klopdiselboom
81 % (afgerond)klopdisselboom 
3 % (afgerond)klopdistelboom

Die woord "klopdisselboom" beteken 'voorspoedig'.
Die Engels vir "klopdisselboom" is 'plain sailing' of 'everything is running smoothly'.
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
83% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties