Mobiele weergawe | Na groot weergawe




Antwoorde van 17-04-2024 (vlak 3)



vorige toets 17 APR Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 17-04-2024 só ingevul:



Die meervoud van "wig" is ........ .
('n Wig is 'n spitslopende stuk gereedskap met 'n driehoekige vorm.)


11 % (afgerond)wigte
8 % (afgerond)wigge
gewigte
81 % (afgerond)wîe 

Die kappie word gebruik op klinkers in lang, oop lettergrepe om die klank te rek.
Sien ook die bladsy Kappie.




Die vakansieoord het vyf nuwe ........ vir die chalets gekoop.


28 % (afgerond)regop-enkeldeurkoelkaste
1 % (afgerond)regop enkeldeur koelkaste
49 % (afgerond)regop enkeldeurkoelkaste 
22 % (afgerond)regopenkeldeurkoelkaste

Die begrip "regop enkeldeurkoelkaste" is nie 'n samestellende samestelling nie, aangesien die byvoeglike naamwoord "regop" na die stam van die woord "kas" verwys. Die begrip word dus los geskryf.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.




Mel Gibson het vele kritiek oor ........ ná sy fliek, "The Passion of the Christ", ontvang.


64 % (afgerond)anti-Semitisme of antisemitisme 
3 % (afgerond)slegs Anti-Semitisme
2 % (afgerond)slegs Anti-semitisme
31 % (afgerond)slegs anti-semitisme

Afleidings op "-is", "-isme", "-istiek" en "-isties" wat uit eiename gevorm is, begin met 'n hoofletter of 'n kleinletter (AWS 9.21).
Sien ook die bladsy Hoof- of kleinletter.




Voltooi die idioom: "Ook ........ slaap soms."


29 % (afgerond)die Duiwel
25 % (afgerond)Homeros 
29 % (afgerond)Morfeus
17 % (afgerond)Satan

Ons gebruik hierdie idioom om te verwys na 'n baie nougesette persoon wat 'n fout begaan het. Homeros is die skrywer van onder andere die Ilias.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
55% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties