Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 13-03-2020 (vlak 2)



vorige toets 13 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-03-2020 só ingevul:



Wanneer ........ hierdie aanbod?


ferstreik
91 % (afgerond)verstryk 
9 % (afgerond)verstreik
ferstryk

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is "f" en "v".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.




Idioom: Mis is ........ .


45 % (afgerond)amper raak
48 % (afgerond)mis 
2 % (afgerond)raak
6 % (afgerond)rakelings

Die uitdrukking "mis is mis" beteken 'hoe naby 'n mens ook al aan 'n teiken kom, dit bly nie raak nie'.
In Engels is dit "a miss is as good as a mile."
(Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




Ek kan nie vanaand gaan fliek nie; ek is ........ .


97 % (afgerond)platsak 
2 % (afgerond)plat sak
plats sak
plat-sak

Byvoeglike naamwoorde ("plat") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde ("sak") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf. 
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.




Die uur van vergelding kom nader.
'n Sinoniem vir "vergelding" is ........ .


3 % (afgerond)vergewing
7 % (afgerond)vergifnis
81 % (afgerond)wraak 
9 % (afgerond)bereken

Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "vergelding - wraak".
Sien ook die bladsy Sinonieme.




TOTAALRESULTAAT:
79% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties