Mobiele weergawe | Na groot weergawe







Antwoorde van 17-03-2020 (vlak 2)



vorige toets 17 MRT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-03-2020 só ingevul:



Alkoholmisbruik kom in alle ........ van die samelewing voor.


60 % (afgerond)sektore of sektors 
sektorse
1 % (afgerond)sektorens of sektore
39 % (afgerond)sektore

By sommige naamwoorde is twee meervoudsvorme moontlik, byvoorbeeld "alkalië - alkali's", "sektors - sektore", "hotelle - hotels". By sommige vorme is daar 'n betekenisonderskeiding, by ander nie. (AWS 13.29)
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.




ʼn Waterkanaal wat in die lug gebou is, soos ʼn brug, is 'n ........ .



12 % (afgerond)akwadik
10 % (afgerond)aquadik
24 % (afgerond)aquaduk
55 % (afgerond)akwaduk 

As gevolg van ontronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “akwadik” in plaas van die korrekte “akwaduk”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.




Sy plaas lê ........ van die dorp.



1 % (afgerond)West
24 % (afgerond)Wes
1 % (afgerond)west
74 % (afgerond)wes 

Wanneer ons na die windrigting verwys, skryf ons "wes" (byvoorbeeld "die wind waai wes"), maar wanneer ons na die geografiese streek verwys, skryf ons "die Weste".
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.




Die prys van goud sal waarskynlik oor die volgende paar maande ........ bly.


1 % (afgerond)bedruk bly
23 % (afgerond)onderdruk
1 % (afgerond)gedruk bly
75 % (afgerond)onder druk 

As iemand of iets "onder druk" verkeer, beteken dit 'daar is druk op iets of iemand'; die woord "onderdruk" is 'n werkwoord wat 'in bedwang hou' beteken; die woord "bedruk" is 'n sinoniem vir "depressief"; die woord "gedruk" is die verlede tyd van "druk".
(Bron: HAT)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).




TOTAALRESULTAAT:
66% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)





Hulp / Kontak  |  Profiel  |  






© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties