05 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-08-2025 só ingevul:
Die beskuldigde het hom na die Appèlhof gewend in 'n ........ poging om sy vonnis te keer.
desperaat desperate desperaate desperade
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn “-e” (attributiewe “-e”) agteraan. Die "a" word nie verdubbel nie, aangesien die vokale “a”, “e”, “o” en “u” in oop lettergrepe nie verdubbel nie (AWS 16.2).
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Die ekoloog is bekommerd oor die ........ in die gebied.
omgewingsagteruitgang omgewingenagteruitgang omgewingensagteruitgang omgewingagteruitgang
Die “s”-verbindingsklank kom feitlik altyd voor waar die eerste woord in ʼn samestelling op “-ing”, “-skap”, “-heid” en “-(i)teit” eindig. Byvoorbeeld "omgewingsagteruitgang” en “identiteitskrisis”. (Bron: AWS)
Kaapstad is in die ........ geleë.
wes Kaap Weskaap wekaap Wes-Kaap
Indien rigting in 'n naam aangedui word, begin die rigtingkomponent ook met 'n hoofletter.
Sien ook die bladsy Plekname.
As jy by die trappe oploop, wanneer jy by die oorloop kom, is die kamer aan die regterkant. 'n Sinoniem vir die woord "oorloop" in bostaande sin, is 'n ........ .
reling landing verdieping trapportaal
'n "Oorloop" in dié konteks is die plat oppervlak tussen stelle trappe, gewoonlik waar daar 'n paar deure is voordat 'n mens na die volgende stel trappe gaan. Bron: WAT Sinonieme is verskillende woorde wat min of meer dieselfde betekenis het, byvoorbeeld "oorloop - trapportaal", "lawaai - geraas", "nagalm - eggo".
Sien ook die bladsy Sinonieme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)