2906 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Oor hierdie webwerf

Beter Afrikaans is daar om jou te help: 'n vriendelike assistent wat jou in staat stel om beter in Afrikaans te skryf.

 

Die webwerf is bedoel vir almal wat probleme met alledaagse taalkwessies het, of sommer as jy daarvan hou om op jou tone gehou te word.  

 

Gewone woorde, moeilike woorde en algemene foute word getoets. Die spelling- en skryfhulp is so eenvoudig en kort as moontlik gemaak sodat jy dit maklik kan onthou. 

 

Doen die daaglikse toets

en verbeter jou puntestand.

 


Ek is nuut hier en wil registreer

 

Ek het al geregistreer en wil aanteken

 


Daaglikse kennisgewings via e-pos

As jy aanmeld om die daaglikse toets te doen, kry jy elke werksdag 'n e-pos om jou te herinner aan die toets. Jy kan (as jy aangeteken is) op die bladsy Profiel hierdie kennisgewings stopsit as jy byvoorbeeld met vakansie gaan of omdat jy self onthou om elke dag die toets te voltooi.

 

Oor korrekte antwoorde en wisselvorme

  • Beter Afrikaans beskou die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (2009) as die gesaghebbendste bron oor Afrikaanse spelling en skryfwyse. Selfs al dui ander woordeboeke of bronne alternatiewe spel- of skryfwyses aan, word slegs daardie vorme wat deur die AWS erken word as korrek aanvaar.
  • Vir 'n groot versameling woorde bestaan daar wisselvorme ten opsigte van spelling (byvoorbeeld diachronie of diakronie), skryfwyse (byvoorbeeld christen of Christen) en woordkeuse (byvoorbeeld Madrileen of Madridter). In hierdie gevalle is beide vorme korrek. As die moontlike antwoorde in die toets byvoorbeeld is: (1) diachronie; (2) diakronie; (3) diachronie of diakronie, is nommer (3) die korrekte antwoord, aangesien beide vorme korrek gespel is. Die ander antwoorde is verkeerd, aangesien die woord ook op 'n ander manier gespel kan word.

 

Kopiereg

Net soos alle ander tekste op die Internet, word die teks op hierdie webwerf ook deur kopiereg beskerm. 

Die konsep (oorspronklik in Nederlands by beterspellen.nl) is in Maart 2009 by i-DEPOT van BBIE (Benelux-Bureau voor Intellectueel Eigendom) geregistreer. Die kopiereg van al die vrae en teks op hierdie webblad behoort aan Trifonius.

By sommige antwoorde en beskrywings word die reëls wat op daardie geval van toepassing is woordeliks uit die Afrikaanse Woordelys en Spelreëls (AWS) aangehaal. Die kopiereg van die AWS behoort aan die Suid-Afrikaanse Akademie vir Wetenskap en Kuns en word uitgegee deur Pharos Woordeboeke.

Om uitspraak weer te gee, word die internasionale fonetiese alfabet en konvensies van die International Phonetic Association (IPA) gebruik. Vir 'n lys van simbole in Afrikaans, sien die inskrywing op Wikipedia.






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties