2906 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Weetwoorde

Elke taal het weetwoorde: woorde wat anders lyk as die meeste ander woorde in die taal, woorde wat nie dieselfde patrone as ander woorde volg nie, moeilike woorde. Dit is dikwels die uitsonderings in die taal. Jy moet van hierdie woorde weet; jy moet hulle ken as jy hulle reg wil spel. Dit beteken dat jy sulke woorde uit jou kop moet leer.

 

Sommige van hierdie vreemde woorde is dikwels uit ander tale oorgeneem, selfs al besef 'n mens dit nie. Ander is oorgeneem, maar is heeltemal verafrikaans. Daar is ook 'n tussenklas van woorde wat gedeeltelik verafrikaans is. En dan vorm woorde wat uit Afrikatale geleen is ook nog 'n eie patroon.

 

As jy Afrikaans vaardig wil gebruik, is dit ook belangrik dat jy sinonieme, antonieme en poliseme moet ken. Dit is die middels wat jou help om jou taal kleurvol en interessant te hou.

 

Daar is ook in Afrikaans, soos in elke ander taal, woorde waaroor mense dikwels twyfel, of wat dikwels verkeerd gespel word. Ook hierdie woorde moet jy memoriseer, net soos woorde wat op meer as een manier gespel kan word (sogenaamde wisselvorme). 

 

 

 

 

 

 






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties