2906 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Basiese spelling

Afrikaans se spelling word grotendeels bepaal deur drie algemene beginsels:

  1. Die beginsel van tradisie: Omdat Afrikaans baie nou verwant is aan Nederlands, word baie van ons woorde gespel soos dit ook in Nederlands gespel word. Dit is een van die redes hoekom ons nogal baie homofone het, soos vee en fee, of fel en vel, of lei en ly, of reis en rys; al hierdie woorde het soortgelyke vorme in Nederlands.
    Daar het egter sistematiese veranderinge plaasgevind, en so het Afrikaans 'n eie tradisie ontwikkel. Die Nederlanders skryf byvoorbeeld rijs, terwyl ons rys skryf; hulle skryf school, ons skryf skool, ensovoorts.
  2. Die beginsel van Standaardafrikaanse uitspraak: Anders as in byvoorbeeld Engels, skryf ons in Afrikaans oor die algemeen soos ons praat. Die spelling van Afrikaans is ook gebaseer op daardie vorm van Afrikaans wat Standaardafrikaans genoem word. Ons skryf byvoorbeeld jy en nie *djy nie, of tagtig en nie *taggentag nie.
  3. Die beginsel van gelykvormigheid: As ons die tweede beginsel slaafs moes navolg, moes ons *hont in plaas van hond geskryf het, want ons spreek die woord met 'n [t] en nie met 'n [d] uit nie. Omdat ons honde met 'n [d] uitspreek, skryf ons hond ter wille van gelykvormigheid ook met 'n d. Boonop word hond ook tradisioneel in Nederlands met 'n d geskryf.

Lees verder 

  • Anker, J. & Vermeulen, A. 2006. Afrikaans uitgespel. Kaapstad: Nasou Via Afrika.
  • Carstens, W.A.M. 2011. Norme vir Afrikaans. 5de uitgawe. Pretoria: Van Schaik Uitgewers.
  • Grieshaber, N. 2011. Diacs and quirks in a nutshell: Afrikaans spelling explained. Pietermaritzburg: Nicky Grieshaber Publications.
  • Taalkommissie. (samest.). 2009. Afrikaanse woordelys en spelreëls. 10de uitgawe. Kaapstad: Pharos Woordeboeke.





  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties