2906 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Hulp


 

1) REGISTRASIE

Het jy voorheen as 'n deelnemer op hierdie webwerf geregistreer?

 


 

2) REGISTRASIE VOLTOOI

Direk nadat jy geregistreer het, behoort jy 'n e-pos te kry met 'n bevestigingskode. Hiermee kan jy jou registrasie bevestig. Die e-pos word outomaties gestuur en word daarom soms deur plaposfilters ("spam filters") geblokkeer.

 

Het jy die e-pos met die bevestigingskode ontvang?

  • Ja: Gaan na stap 4.
  • Nee: 
    - Kyk in die plaposfilter van jou e-pos. 
    - Kyk in die plaposfilter van jou Internetdiensverskaffer (miskien selfs eers die volgende dag).

Het jy die e-pos in die plaposfilter gekry?

  • Nee: Gaan na stap 3.
  • Ja: 
    - Haal die e-pos uit die plaposvouer. 
    - Voltooi die registrasie. 
    - Maak seker dat die adres van die versender ("From") op jou wit lys staan, sodat toekomstige e-posse nie weer daar beland nie. 
    Probleem  opgelos. 

 


 

3) KONTROLEER JOU E-POSADRES

As jy nie die e-pos met bevestigingskode kan kry nie en dus nie jou registrasie kan voltooi nie, maak seker of jy nie dalk 'n tikfout gemaak het nie.

 

Gaan weer na die bladsy Registrasie en probeer om weer te registreer. 
Dit sal net werk as jou e-posadres nog nie voorheen gebruik is nie.

Wat sien jy?

  • Hierdie adres is al geregistreer. 
    Ons bevestig dit nog 'n keer met 'n e-pos.  
    As jy hierdie boodskap sien, is jou registrasie al voorheen voltooi. 
    Probleem opgelos. 

  • Hierdie e-posadres is al voorheen geregistreer, maar die registrasie is toe nie voltooi nie. 
    As jy hierdie boodskap sien, het jy die adres die vorige keer presies so getik. 
    Om weer te registreer sal nie help nie, aangesien elke e-posadres slegs een keer gebruik kan word. 

    Daar word weer 'n e-pos na jou e-posadres gestuur. 
    Miskien loop alles nou wel goed en dan is die probleem opgelos. 

    Maar miskien kry jy weer nie die e-pos nie. Gaan na stap 10. Maar let op: in beginsel stuur ons op elke e-pos 'n antwoord. Dit beteken: as jy registrasieprobleme het en ons antwoord nie jou hulpvraag nie, is ons byna seker dat jy jou e-posadres verkeerd getik het. Ons kan jou dan nie kontak nie. 

  • Kyk in jou e-pos om jou registrasie te aktiveer. 
    As jy hierdie boodskap sien, het jy die e-posadres die vorige keer verkeerd getik. Nou het dit gelukkig goed afgeloop. Jy sal 'n e-pos met 'n bevestigingskode kry. Jy kan die registrasie voltooi. Probleem opgelos. 

 


 

4) IS IEMAND AANGETEKEN?

Jy het voorheen geregistreer op hierdie webwerf en jou registrasie is voltooi.

Jy behoort nou te kan aanteken op die webwerf.

 

Kyk regs boaan die bladsy. Wat sien jy?

  • aangeteken: jounaam@joudomein.co.za 
    As jy dit sien, is daar op hierdie oomblik iemand aangeteken met die rekenaar waarmee jy die webwerf besoek. 

    - As die e-posadres jóú e-pos adres is, is jy aangeteken. 
     Daar is dus geen probleem nie. 

    - As die e-posadres NIE jou e-pos adres is, kliek dan op Teken af. 
     Die e-posadres langs aangeteken verdwyn dan. 
     Gaan na stap 5. 

    - As jy afgeteken het, maar jy sien steeds die e-posadres, is daar 'n probleem met jou webblaaier se hantering van koekies. 
    Gaan na stap 10. 

  • Teken aan 
    Registreer 

    As jy dit sien, is daar op hierdie oomblik niemand aangeteken. 
    Gaan na stap 5. 

 


 

5) AANTEKENBLADSY

Gaan na die aantekenbladsy.

Jy behoort iets soos die volgende te sien:

 

E-posadres .... Wagwoord .....Aantekenbladsy

 

Soms vul jou webblaaier al outomaties hier inligting in.

 

Is daar al iets ingevul?

  • Nee, die teksboksies is leeg: Gaan na stap 6.
  • Ja, daar is al iets ingevul. 
    Daar is verskeie maniere hoe jy dit kan instel. 
    Volg die volgende stappe.

Manier A:

Verwyder die ongewenste adres uit die keuselys van jou webblaaier:

  • Klik in die teksboksie.
  • Druk die af-pyltjie, of Alt + af-pyltjie.
  • 'n Lysie met keuses (gewoonlik e-posadresse) word vertoon.
  • Gaan met die af-pyltjie na die foutiewe e-posadres.
  • Druk op "Delete" om die foutiewe adres uit die lys te verwyder. 

Manier B:

Maak seker dat jou webblaaier nie meer outomaties vorms invul nie.

Die instelling wissel van webblaaier tot webblaaier, maar kan gewoonlik gekry word by "Settings" of "Internet Options". 

  • Verwyder die regmerkie wat bepaal dat vorms outomaties ingevul word. 
  • Stoor die nuwe instelling deur op OK te klik. 
  • Sluit jou webblaaier.
  • Begin jou webblaaier weer.

Word daar nie meer iets outomaties ingevul nie? Probleem opgelos.


Word daar nog steeds iets ingevul? 
Dis nie die einde van die wêreld nie, want jy kan steeds aanteken. Dit is egter waarskynlik irriterend dat jy elke keer die teks wat outomaties ingevul word moet verwyder. 

  • Moenie die outomaties ingevulde teks vertrou nie.
  • Klik in die teksboksie.
  • Verwyder met die "delete"-sleutel alle voltooide teks.
  • Vul self in wat daar behoort te staan.
  • Doen dit ook by die wagwoord.
  • Die probleem is gedeeltelik opgelos.

 


 

6) AANTEKEN

Die aantekenvenster is leeg. Jy kan jou e-posadres en wagwoord invul.

  • Vul jou e-posadres in.
  • Vul jou wagwoord in.
  • Advies: kies "Onthou my..." (sien prentjie hieronder). Jy hoef dan nie weer elke keer op hierdie rekenaar aan te teken nie. 
    Onthou my
    http://www.beterafrikaans.co.za/afbeeldingen/onthoudmij.png
  • Klik op Teken aan.

Hierna behoort jou e-posadres regs bo sigbaar te wees en sal die toets van die dag verskyn.

Probleem opgelos.

 

 

Moet jy elke keer weer aanteken, ten spyte daarvan dat jy "Onthou my..." gekies het?

Gaan na stap 7 .

 

 

Nog steeds nie suksesvol nie?

As jou e-posadres ná hierdie stappe nie regs bo verskyn nie, is daar waarskynlik iets aan die hand met koekies op jou rekenaar of telefoon. Gaan na stap 8.

 


 

7) ONTHOU MY...

Met "Onthou my..." kies jy dat 'n koekie op jou rekenaar of telefoon geplaas word wat nie outomaties uitgevee word nie.

 

As jy die volgende keer tog weer moet aanteken, is die koekie om die een of ander rede verwyder:

  • Jy het die vorige keer op Teken af geklik.
    Moenie elke keer as jy klaar is, afteken nie; sluit gewoon jou webblaaier. Probleem opgelos. 
  • Iemand anders het op dieselfde rekenaar aangeteken op Beter Afrikaans. 
    As jy dieselfde rekenaar met verskeie deelnemers (soos ander gesinslede of klasmaats) deel, kan jy nie aangeteken bly nie. Dit is dan selfs raadsaam om nie "Onthou my..." te kies nie, want daarmee voorkom jy dat ander mense per ongeluk met jou gebruikersnaam deelneem. Probleem opgelos. 
  • Die webblaaier het die geskiedenis en koekies skoongemaak. Gaan na stap 8.

 


 

8) KOEKIES

Die aantekenproses maak gebruik van 'n koekie.

Jou webblaaier (soos Safari of Internet Explorer of Chrome) moet daarom ingestel wees om koekies te aanvaar en dat dit nie outomaties uitgevee word nie, anders kan jy glad nie inteken of toetse invul nie. 

 

Safari (iOS op Apple-produkte)

  • Die iOS-bedryfstelsel se verstekinstelling is dat koekies nie aanvaar word nie.
  • Gaan na die "Settings" en kies "From visited". Sien ook die ander skermskote hieronder. Probleem opgelos.

     






  • Dit kan ook gebeur dat jy die knoppie "Private" of "Privé" linksbo op die sleutelbord sien as jy in die adresveld tik. Andersins is daar moontlik 'n opsie "Private" of "Privé" regsbo in die "Settings" van Safari:
     

    Belangrik: "Private" of "Privé" moet afgeskakel word, want anders word koekies nie gestoor nie.

As die koekies aanvaar word, het jy al 'n ent gevorder. Dit is egter ook nuttig as koekies bewaar bly, sodat jy nie elke keer van vooraf hoef aan te teken nie. 

 

Hier is 'n paar iPad-wenke vir iPad-gebruikers:

  • Kontroleer na 'n sisteembywerking of "private" of "privé" steeds afgeskakel is.
  • Oorweeg om Chrome as webblaaier te gebruik, want geen van hierdie probleme kom in Chrome voor nie.
  • As jy die Gmail-app (en 'n Gmail-adres) gebruik, word die daaglikse hiperskakels in Chrome oopgemaak, waar die probleem nie voorkom nie.
  • As jy die standaard-e-posprogram van jou iPad gebruik, moet jy onthou om Chrome jou standaardwebblaaier te maak (met Jailbreak en BrowserChooser; lees meer elders op die web oor hoe om dit te doen).

By alle webblaaiers moet jy sorg dat die koekies nie telkens weer outomaties verwyder word nie.

 

 

http://www.beterafrikaans.co.za/afbeeldingen/cookies_iphone.pngInternet Explorer 

  • Gaan na "Tools" > "Internet Options" > "General"
  • Sorg dat daar nie 'n regmerkie is by "Delete browsing history on exit" nie.


  • Klik vervolgens op die duimgids "Privacy".
  • Skuif die glystaaf na "Normal".
  • Klik "OK".

     

 

  • In die alternatief kan jy op die "Privacy"-duimgids klik, en dan op "Advanced". 
  • Merk dan "Override automatic cookie handling".
  • Klik op "OK" en weer op "OK".  




  • Jy kan ook in die alternatief Internet Explorer uitdruklik opdrag gee om koekies van Beter Afrikaans te aanvaar. 
  • Op die "Privacy"-duimgids, klik op "Sites".
  • Tik "http://www.beterafrikaans.co.za" in die adresveld, en klik op "Allow".
  • Klik op "OK" en weer op "OK". 




Chrome


  • Gaan na "Settings".
  • Klik onderaan die blad op "Show advanced settings..."
  • Klik op "Content settings..."
  • Kies "Allow local data to be set".
  • Klik "Done".




  •  Jy kan ook in die alternatief Chrome uitdruklik opdrag gee om koekies van Beter Afrikaans te aanvaar.
  • Gaan na "Settings".
  • Klik onderaan die blad op "Show advanced settings..."
  • Klik op "Content settings..."
  • Klik op "Manage exceptions..."
  • Tik "http://www.beterafrikaans.co.za" in die adresveld, en klik op "Allow".
  • Klik "Done".

     

 

 

 

As jy 'n ander webblaaier gebruik, kan jy hier meer inligting vind oor koekies vir jou webblaaier.
http://www.beterafrikaans.co.za/afbeeldingen/cookiesverwerking.png

 

 


 

9) DEELNAME BEËINDIG

As jy nie langer wil deelneem nie, kan jy jou deelname beëindig.

  • Teken aan op Beter Afrikaans se webwerf.
  • Gaan na My Beter Afrikaans (aan die linkerkant) en kies Stop deelname
  • Klik ter bevestiging op Stop deelname. 

    Hierna sal jy nie meer e-posse kry by die e-posadres waarvan jy die deelname beëindig het nie. 
    Probleem opgelos.

 

As dit gebeur dat jy tog nog 'n daaglikse e-pos kry, het jy waarskynlik ook met 'n ander e-posadres geregistreer. 

  • Teken aan met die ander e-posadres.
  • Volg dieselfde stappe as hierbo.

As dit steeds nie werk nie, stuur vir ons 'n e-pos met daarin al die moontlike e-posadresse wat jy sou kon gebruik het.

Ons sal jou dan handmatig van die sisteem probeer verwyder.


Gaan na stap 10.

 

 


 

 

10) Stuur 'n e-pos aan die redakteur

 

  • Gaan na die bladsy Kontak en vul die vorm in. 
    Beskryf so volledig as moontlik wat jou probleem is. Ons sal dan probeer om die probleem binne 24 uur op te los, maar kan nie altyd belowe dat dit so vinnig opgelos sal word nie. 
    Ons probeer dan om jou probleem handmatig op te los.

 


 

Probleme met e-posse

  1. Ek ontvang geen e-posse van Beter Afrikaans nie. Wat moet ek doen? 
    Dit gebeur soms dat internetdiensverskaffers (byvoorbeeld @lantic of Mweb) e-posse van beterafrikaans.co.za blokkeer. Daar is niks wat ons vanaf Beter Afrikaans se kant daaraan kan doen nie. Hier is 'n paar stappe wat jy kan volg:

    Stap 1: Maak seker dat ons e-posse nie in jou gemorsposvouer ("Spam folder") beland het nie. Indien wel, skuif die e-pos na jou inmandjie, of merk dit dat dit nie gemorspos is nie. Die wyse waarop dit gedoen kan word, wissel van programmatuur tot programmatuur.

    Stap 2: Voeg info@beterafrikaans.co.za toe aan jou adresboek.

    Stap 3: Maak seker dat jou antivirusprogrammatuur (byvoorbeeld Kaspersky) nie e-posse vanaf beterafrikaans.co.za blokkeer nie. In jou antivirusprogrammatuur kan jy beterafrikaans.co.za ook byvoeg as 'n vertroude domein.

    Stap 4: Jy moet jou internetdiensverskaffer (byvoorbeeld @lantic of Mweb) kontak en versoek dat hulle beterafrikaans.co.za van hulle gemorsposlys ("spam list" of "black ) verwyder en toevoeg aan hulle lys van vertroude domeine ("white list").

    Stap 5: As jy nie jou registrasie kan voltooi omdat jy nie 'n e-pos kry nie, stuur vir ons 'n boodskap. Ons sal jou dan handmatig aktiveer. Dit beteken egter nie dat jou probleme met die e-posse opgelos is nie. Jy sal egter dan wel op die webwerf kan aanteken en jou toetse voltooi. Jy sal dan self moet onthou om elke dag die toetse te voltooi.


     
  2. Is daar nie 'n makliker manier om van die e-posprobleme ontslae te raak nie?
    Ja, jy kan ons slimfoontoepassing aflaai en gebruik. Dit werk eintlik baie beter as die webwerf. Jy kry nie meer daaglikse e-posse nie, maar eerder elke dag 'n kennisgewing ("notification") op jou telefoon en tablet. Jy raak dan net aan die kennisgewing en kan dadelik jou toets voltooi. Jy kan ook stel op watter manier jy die kennisgewings wil ontvang (byvoorbeeld met of sonder geluid, ensovoorts.)

    Op ons tuisblad is skakels na plekke waar die toepassing afgelaai kan word. 

    Let op: Ons werk tans aan 'n weergawe van die toepassing waar jy ook kan registreer sonder om 'n bevestigings-e-pos te kry. As jy intussen ook nie daardie e-pos kry nie, stuur vir ons 'n boodskap om jou handmatig te aktiveer. 

 

 


 

 

Probleme met groepe

  1. Kan ek my naam in 'n groep verander? Ja, maar die enigste manier om dit te doen, is om die groep te verlaat en daarna weer met die oorspronklike groepskode by die groep aan te sluit. Jou vorige toetse sal in die nuwe groep reflekteer, aangesien jou toetse aan jou e-posadres gekoppel is.
  2. Ek het my toetse voltooi, maar daar verskyn vraagtekens in plaas van punte op die telbord. Wat is fout? Die administrateur van jou groep kies tydens die opstelling van die groep tot wanneer die groep aktief is. As daar vraagtekens in plaas van punte verskyn, beteken dit die groep is nie meer aktief nie (oftewel dat die sluitingsdatum iewers in die verlede is). Die administrateur kan die sluitingsdatum verander deur te gaan na [telbord > admin > instellings] en dan die datum te verander. Onthou om daarna op [stoor] te klik.
  3. Ek het my toetse voltooi, maar daar verskyn 'n "x" in plaas van punte op die telbord. Wat is fout? Die administrateur van jou groep kies tydens opstelling van die groep watter deelnemers se punte vertoon word - byvoorbeeld net die top-10-deelnemers. As jy dus nie een van die top-10-deelnemers is nie, kan niemand jou punte sien nie. Die administrateur kan hierdie instelling wysig deur te gaan na [telbord > admin > instellings] en dan te kies watter punte vertoon moet word. Onthou om daarna op [stoor] te klik.
  4. Kan ek die vlak van ons groep verander? Dit is ongelukkig nie moontlik om net die groep se vlak te verander nie. Daar is verskeie redes daarvoor, waarvan die belangrikste is dat dit binne skole en universiteite allerhande probleme kan oplewer.
    Jy sal dus helaas gewoon 'n nuwe groep op vlak 3 moet stig, en dan kan jy die ander groep uitwis. Julle kan ook natuurlik deel van albei groepe wees - een op vlak 2 en een op vlak 3. Die groepe het dan twee verskillende name, maar julle kan almal aan albei behoort. Alle toetse wat op vlak 2 gedoen word, word dan in daardie groep geregistreer, en al die toetse wat op vlak 3 gedoen word, in daardie groep.

 






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties