2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 13-08-2024 (vlak 2)



vorige toets 13 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 13-08-2024 só ingevul:



Frederick het gedroom dat 'n ........ aan sy venster geklop het.
1 % (afgerond)wesintjie
12 % (afgerond)wesenkie
84 % (afgerond)wesentjie 
3 % (afgerond)wesinkie

Woorde wat met “l”, “n”, of “r” eindig en wat deur ’n tweeklank, [ә] of lang vokaal voorafgegaan word, kry ’n “-tjie” in die verkleiningsvorm (AWS 17.6).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



’n Homofoon van die woord "dimensie" is ........ .
77 % (afgerond)demensie 
8 % (afgerond)kranksinnigheid
2 % (afgerond)bemensie
14 % (afgerond)grootte

Die woorde "demensie" en "dimensie" is homofone, aangesien hulle dieselfde uitgespreek word, maar verskillende betekenisse en spellings het. Die woord "demensie" beteken 'kranksinnigheid' en die woord "dimensie" beteken 'grootte' of 'omvang'.
Sien ook die bladsy Homofone.



Die bevelvoerder van basiese opleiding is ........ Gigaba.
38 % (afgerond)luitenant-kolonel 
4 % (afgerond)luitenantkolonel
8 % (afgerond)Luitenantkolonel
50 % (afgerond)Luitenant-kolonel

'n Koppelteken word altyd in saamgestelde range gebruik, en die rangnaam word in die middel van 'n sin met kleinletters geskryf.
Sien ook die bladsy Aanspreekvorme.



Die taxibestuurder het my ........ dat hy my betyds by die lughawe sal aflaai.

geverseker
94 % (afgerond)verseker 
4 % (afgerond)virseker
3 % (afgerond)vir seker

Die woord "verseker" is 'n werkwoord en beteken 'gerusstel' of 'belowe'. Die woordgroep "vir seker" beteken 'sonder twyfel' of 'beslis'.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
73% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties