17 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 17-09-2024 só ingevul:
Die bure het ’n ........ hond, daarom het niemand nog by hulle ingebreek nie.
aggressiewe
aggressie
aggressiew
aggressief
Woorde wat op ʼn lang vokaal en ʼn "f" eindig, kry ʼn "w" in die attributiewe vorm, byvoorbeeld "aggressief – aggressiewe".
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Het jy al die ........ vir volgende maand gedoen?
beplanning
planning
beplaning
baplaning
As ’n stam van ’n woord uitgaan op [a], [ε], [ͻ], [ә] of [œ] en ’n konsonant, word die konsonant in die afleidings verdubbel, byvoorbeeld “beplanning”, “detailleer”, “blikkie”, “beddens”, “kramatte” (AWS 11.26).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.
Vandat ek verlede jaar in Taiwan was, is ek mal oor ........ kos.
Taiwannese
Thaise
Taise
Taiwanese
Iets wat afkomstig is van Taiwan is Taiwannees of Taiwans. Iemand wat van Taiwan kom, is 'n Taiwanner of Taiwannees. As iets van Thailand kom, is dit Thais.
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.
Ons moet ons erfenis vir die nageslag ........ .
hou
onthou behou
Sommige woorde lyk soos sinonieme maar het verskillende nuanses of word verskillend gebruik. ʼn Mens moet gewoon hierdie woorde leer. Die woord "behou" beteken 'nie verloor nie'; die woord "hou" beteken 'iets in jou greep hê'.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)