05 NOV (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 05-11-2024 só ingevul:
Die oortreffende trap van "verouderd" is ........ .
mees verouderdste
verouderdste mees verouderde
In die oortreffende trap word die woord “mees” nooit saam met “-ste” gebruik nie.
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.
Die agterspeler het 'n pragtige ........ geloods en die wedstryd beklink.
tenanval
teenanval teenaanval
tenaanval
In geslote lettergrepe (soos in die woord “teenaanval”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Die persoon wat gevaarlike toertjies op 'n filmstel doen, is 'n ........ .
dapperjapper
skobbejak waaghals
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “waaghals”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Die rivier is besig om die grond weg te ........ .
kalf of kalwe
kalwe of kalwer of kalf kalwe of kalwer
kalwer
Die woord "kalf" as werkwoord bestaan net in die betekenis van 'geboorte skenk aan 'n kalf'. Die woorde "kalwe" en "kalwer" is egter wisselvorme wat 'insak' of 'afbrokkel' beteken.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)