2206 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 08-08-2025 (vlak 2)



vorige toets 08 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 08-08-2025 só ingevul:



Siekes word onder ........ geplaas om die siekte te probeer bekamp.
25 % (afgerond)kwarentyn
68 %kwarantyn 
4 % (afgerond)kwarantein
3 % (afgerond)kwarentein

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Letters wat dikwels verwar word, is "ei" en "y".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Idioom: Deur jou ........ groei.
7 % (afgerond)klere
29 % (afgerond)vel
12 % (afgerond)skoene
52 %nate 

Die idioom "deur jou nate groei", beteken 'vinnig groei dat die nate van jou klere bars'.
Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Die ........ het verkies om nie te trou nie.
5 % (afgerond)ou jongkêrel
1 % (afgerond)ou jong kêrel
94 %oujongkêrel 
1 % (afgerond)ou jong-kêrel

Byvoeglike naamwoorde (soos "ou" of "jong") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "kêrel") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het (dit wil sê as die begrip ʼn spesifieke betekenis kry), vorm die twee begrippe ʼn eenheid en word hulle vas geskryf. 
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



In die ou dae is skepe met pik waterdig gemaak.
Dries werk met 'n pik in die tuin.
Die woord "pik" in bostaande sinne is 'n ........ .
9 % (afgerond)poliseem
72 % (afgerond)homoniem 
18 % (afgerond)homofoon
1 % (afgerond)sinoniem

ʼn Homoniem is twee woorde wat dieselfde klink en dieselfde gespel word, maar heeltemal ʼn ander betekenis en oorsprong het, byvoorbeeld “pik” (‘swart, taai stof’) en “pik” (‘tuinwerktuig’).
Sien ook die bladsy Homonieme.



TOTAALRESULTAAT:
71% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties