19 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 19-10-2026 só ingevul:
Onthou om die dokter oor die pasiënt se vordering te ........ .
verwuttig ferwittig verwitig verwittig
’n Konsonant wat volg op ’n kort vokaal wat die hoofklem van 'n woord dra (soos die "t" in "verwittig"), word verdubbel om die klank kort te hou (AWS 11.23).
Sien ook die bladsy Konsonantverdubbeling.
Waar die president die geld gaan kry om vir die opknappingswerk aan sy woning te betaal is 'n ........ .
staatsgeheimkie staatsgeheimtjie staatsgeheimpie
Woorde wat oop “m” eindig, voorafgegaan deur ’n diftong, of ’n lang “a”, “e”, “o” of “u”, kry “-pie” in die verkleiningsvorm (AWS 15.10).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Die Duitse ........ is onder hewige druk vanweë die moontlike tekort aan gas in die komende winter.
kanselier Kanselier kansellier kansilier
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "kanselier", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
My gunstelingmusiekgenres is ........ en jazz.
fouk vouk volk folk
Vreemde woorde ("folk") behou in bepaalde gevalle hulle vreemde spelvorm.
Sien ook die bladsy Vreemde woorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)