14 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 14-08-2024 só ingevul:
Derick het al baie ........ ("yo-yo") bemeester.
klimtol- of jojotoertjies
klimtol of jojo toertjies
klimtol-toertjies of jo-jo-toertjies
klimtol- of jo-jotoertjies
As 'n mens twee samestellings naas mekaar stel wat identiese dele bevat, kan die een identiese deel met 'n koppelteken vervang word. Byvoorbeeld: "klimtol- of jojotoertjies".
Sien ook die bladsy Samestellings.
Die oranjeborssuikerbekkie ........ staan in Engels bekend as die "orange-breasted Sunbird".
"(Anthobaphes violacea)" (Anthobaphes violacea)
Anthobaphes violacea
"Anthobaphes violacea"
Ons plaas woorde tussen hakies om iets te verduidelik, as dit 'n vertaling is, of as ons 'n wisselvorm wil aandui. (Bron: http://af.wikipedia.org/wiki/Oranjeborssuikerbekkie)
Sien ook die bladsy Hakies.
As jy nie veel doen om voort te bou op vorige sukses nie, sê ons in die idioom jy rus op jou ........ .
sofa
lourere
jis louere
In die idioom "op jou louere rus" ('nie veel doen om verdere sukses te behaal nie') verwys "louere" na die gebruik in Antieke Griekeland om vir iemand ʼn lourierkrans (oftewel louerekrans) te gee as hy/sy uitsonderlik presteer het. As jy dus op jou louere rus, sit jy terug op jou lourierkrans en geniet jou sukses. (Bron: Maroela Media)
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)