2369 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 16-08-2024 (vlak 2)



vorige toets 16 AUG volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 16-08-2024 só ingevul:



Ek dink jy moet hierdie teks ........ , dan gaan die uitleg beter lyk.
97 % (afgerond)sentreer 
3 % (afgerond)sentreër
centreër
sentrer

In geslote lettergrepe (soos in die woord “sentreer”) word lang klanke verdubbel om aan te dui dat hulle lank uitgespreek word (AWS 16.1).
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.



Voltooi die idioom: Moenie ........ skree voor jy oor die brug is nie.
46 % (afgerond)hokaai of hoera 
11 % (afgerond)hallo of totsiens
44 % (afgerond)welgedaan

Jy gebruik die idioom as jy iemand wil waarsku dat hy/sy nie te selfversekerd moet wees voor die uitslag van iets bekend is nie.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Een naweek het ons Hartenbos toe gery vir ’n ........ .
40 % (afgerond)hoë impaknaweek
11 % (afgerond)hoë-impak-naweek
8 % (afgerond)hoë impak naweek
41 % (afgerond)hoëimpaknaweek 

Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "hoë" + selfstandige naamwoord "impak") en ʼn selfstandige naamwoord "naweek".
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.



Die nuwe bure het ........ vir ons kom kuier.
61 % (afgerond)ongevraag of ongevraagd 
35 % (afgerond)ongevraagd
1 % (afgerond)geonvraagd
3 % (afgerond)ongevraag

ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld "ongevraag – ongevraagd", "Mexiko – Meksiko", "restaurant – restourant".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
61% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties