2663 aktiewe gebruikers Teken aan Registreer Na mobiele weergawe |
||
![]() |
![]() |
![]() |
Wanneer 'n woordgroep bestaan uit 'n byvoeglike naamwoord (of telwoord) en selfstandige naamwoord wat in 'n samestelling as bepaler by 'n volgende selfstandige naamwoord optree, word al drie elemente vas geskryf. Ons noem dit 'n samestellende samestelling. Byvoorbeeld:
As 'n mens verkeerdelik 'n spasie invoeg, kan die woord 'n heel ander betekenis kry. Hier is 'n paar voorbeelde:
As 'n mens 'n spasie tussen die woorddele skryf, kan 'n mens ook verkeerdelik die woorde elk met hul eie klem uitspreek, terwyl 'n samestelling eintlik net een klem het.
As jy vind dat 'n koppelteken leesbaarheid vergemakllik, gebruik dit gerus. Byvoorbeeld:
As een van die twee dele van die samestelling 'n naam van twee woorde is, behou 'n mens die spasie:
As die woorde nie leesprobleme skep sonder 'n koppelteken nie, laat dit gerus weg.
![]() |
|
© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties |