22 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-10-2024 só ingevul:
Die ........ stelling is die korrekte een.
eers genoemde
eersgenoem
eerste genoem eersgenoemde
Sommige byvoeglike naamwoorde ("eersgenoemd’) wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan, kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan en word "eersgenoemde".
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Moenie so ........ wees nie, ek maak net ʼn grappie.
luggeraak liggeraak
lig geraak
lug geraak
As gevolg van oorronding in die uitspraak, skryf party mense verkeerdelik “luggeraak” in plaas van die korrekte “liggeraak”.
Sien ook die bladsy Ont-/oorronding.
Ons is Kersfees by die familie en op ........ gaan ons 'n vuurwerkvertoning kyk.
Nuwe Jaar
nuwejaar Nuwejaar
nuwe jaar
Dae van die week, die name van kerklike, godsdienstige en algemene feesdae word met ʼn hoofletter geskryf. Die vakansiedag is "Nuwejaar" wanneer mense mekaar 'n voorspoedige "nuwe jaar" toewens.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Ek het ........ gegaan om te kyk wat die lawaai veroorsaak het.
slegs buitetoe
slegs buitentoe buitentoe of buitetoe
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “buitentoe – buitetoe”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”; “meestal – meesal”.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)