2906 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Ont-/oorronding

Oorronding en ontronding kan dikwels lei tot verkeerde spelling, aangesien ons in Afrikaans meestal woorde spel soos ons dit uitspreek.


Oorronding

 

Dit is 'n verskynsel wanneer mense woorde uitspreek met geronde lippe, waar dit nie nodig is nie. Byvoorbeeld:

  • sewe: [søvə] in plaas van [sevə]
  • pa: [pɔ:] in plaas van [pɑ:]
  • tye: [tœyɦə] in plaas van [təiɦə]


Ontronding 

 

Dit is wanneer daar 'n verlies aan klank is as woorde uitgespreek word sonder om die lippe te rond. Byvoorbeeld:

  • huis: [ɦəis] in plaas van [ɦœys] 
  • keur: [ke:r] in plaas van [kø:r]
  • suur: [si:r] in plaas van [sy:r]





  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties