24 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 24-10-2024 só ingevul:
Kinders doen nie deesdae meer ........ nie; daarom het ons 'n groot probleem met vetsug onder skoolkinders.
fisieke oefeninge liggaamsoefeninge
menslike beweging
fisiese oefeninge
Die skoolperiode waartydens skoliere in die verlede oefeninge gedoen het, staan bekend as liggaamsoefening en 'n mens doen liggaamsoefeninge. Op universiteit kan 'n mens die vak Menslike Bewegingskunde studeer. Die begrip "fisieke oefening" word wel in mediese kringe gebruik.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Paul Kruger was bekend vir sy ........ toesprake in Europa tydens die Boereoorlog.
opruiend
opreiend opruiende
opryende
Sommige byvoeglike naamwoorde wat voor ʼn selfstandige naamwoord staan ("opruiend"), kry ʼn "-e" (attributiewe "-e") agteraan en word dan "geestige".
Sien ook die bladsy Attributiewe -e.
Hy is 'n lid van die SAKP; dus is hy 'n ........ .
Kommienis Kommunis
komminis
kommunis
Die lid van 'n politieke party word met 'n hoofletter geskryf.
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Shamiel is nou amptelik die nuwe hoof van die departement. Wat is die woordsoort van die woord "nou" in bostaande sin?
byvoeglike naamwoord
voegwoord bywoord
selfstandige naamwoord
'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n adjektief. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord, byvoorbeeld: Hoe is hy die nuwe hoof? Die antwoord: amptelik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)