25 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 25-10-2024 só ingevul:
Het jy al die ........ oor die nuwe fliek gelees wat Vrydag begin?
ressensi resensie
resensi
ressensie
Woorde van Romaanse of Klassieke herkoms waar die [i]-klank aan die einde van die woord staan, skryf ons met “ie”.
Sien ook die bladsy Lang/kort vokale.
Idioom: Die ........ sit in sy keel. Die idioom beteken 'iemand se stem breek'.
baard
man
padda
beer
Die idioom "die baard sit in sy keel" beteken 'iemand se stem breek'.
Die Swede se ........ is van die hoogste ter wêreld.
lewen standaard lewenstandaard
lewestandaard
lewe standaard
Die samestelling "lewenstandaard" bestaan uit drie dele: "leef" + "-ens-" + "standaard". Aangesien die laaste deel van die samestelling met 'n "s" begin, word die "s" van "-ens-" nie geskryf nie. Ons skryf dus wel "lewensverwagting", maar nie *lewensstandaard nie. (Bron: ATKV Spelathon)
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.
Meganisasie is 'n ........ vir werkskepping.
dreigement
bedrog bedreiging
Die woord "dreigement" is iets wat 'n mens teen 'n ander maak. Die woord "bedreiging" is 'n verskynsel of ding wat moeilikheid kan maak.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Verduideliking van die kleure en simbole:
die korrekte antwoord (deur jou gekies)
die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)