2300 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-11-2024 (vlak 2)



vorige toets 06 NOV volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 06-11-2024 só ingevul:



Die ........ is die amptelike woning en hoofkantoor van die Amerikaanse president.
1 % (afgerond)Wit-huis
70 % (afgerond)Withuis 
1 % (afgerond)Wit huis
29 % (afgerond)Wit Huis

Byvoeglike naamwoorde (soos "wit" of "groot") word gewoonlik los van selfstandige naamwoorde (soos "huis" of "kantoor") geskryf. Wanneer betekenisverdigting egter plaasgevind het, vorm die twee begrippe 'n eenheid en word hulle dan vas as een woord geskryf. So byvoorbeeld sou die los geskrewe begrip "wit huis" na enige huis wat wit geverf is, kon verwys. Die "Withuis" verwys egter baie spesifiek slegs na die bekende Amerikaanse woning.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.



Die minister van landbou sê: ........ Die droogte in die Wes-Kaap neem nou krisisafmetings aan ........ .
5 % (afgerond)geen leestekens
86 % (afgerond)dubbelaanhalingstekens 
7 % (afgerond)enkelaanhalingstekens
1 % (afgerond)aandagstrepe

Ons gebruik dubbelaanhalingstekens om 'n aanhaling aan te dui. Dit kan 'n woord, frase, sin of 'n langer stuk teks wees.
(AWS13.4)
Sien ook die bladsy Aanhalingstekens.



Om figuurlik na 'n onbetroubare persoon te verwys, sê ons hy is 'n regte ........ .
74 % (afgerond)tweegatjakkals 
24 % (afgerond)jakkals
hond
1 % (afgerond)wolf

'n "Tweegatjakkals" is 'n onbetroubare persoon wat net so geslepe soos'n jakkals is. Die uitdrukking verwys na 'n regte jakkals wat sy jagter ontglip deur in enige gat, soos 'n erdvarkgat, te verdwyn en nie noodwendig in sy eie gat nie.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



'n Spinnekop van die orde Solifugae staan algemeen bekend as 'n ........ .
30 % (afgerond)Roman
51 % (afgerond)roman 
10 % (afgerond)Romaan
9 % (afgerond)romaan

Dié harige spinnekop het 'n klomp name in Afrikaans: rooiroman, roman, romanspinnekop, spekvreter, vetvreter, jagspinnekop, jaagspinnekop, haarskeerder, haarskeerderspinnekop of haarsnyer.
Algemene name van insekte begin met kleinletters.
Sien ook die bladsy Dier- en plantname.



TOTAALRESULTAAT:
70% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties