3170 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Dier- en plantname

Die gewone name van diere of plante word gewoonlik met 'n kleinletter gespel. Byvoorbeeld:

  • katjiepiering
  • jakobregop
  • kanferfoelie
  • basiliekruid
  • outeniekwageelhout
  • pietretiefbroodboom
  • gaboenadder
  • zambezihaai
  • roos
  • kat
  • hond
  • vis


Diername in sprokies word met hoofletters geskryf. Byvoorbeeld: 

  • Pappa en Mamma Haas
  • Oupa Uil
  • Wolf en Jakkals
  • Haas Das
  • Oom Olifant


Name van troeteldiere of ander mak diere word met hoofletters geskryf. Byvoorbeeld:

  • Brakkie, Kietsie, Woefie, Poon, Streepmuis, Wagter


By wetenskaplike benamings begin genusname en hoër klassifikasies met 'n hoofletter. Soortaanduiders (ook genoem toename of epitetons) en laer klassifikasies begin met 'n kleinletter. In Loxodonta africana (die Afrika-olifant) is Loxodonta die genusnaam en begin dus met ‘n hoofletter, terwyl africana die soortaanduider is en dus met ‘n kleinletter begin. Die genusnaam en soortaanduider vorm saam die spesienaam. Ander voorbeelde:

  • Brassica oleracea
  • Medicago nigra
  • Dikhuidiges, Koudbloediges, Lelieagtiges


Die name van diererasse, kultivars en plantsoorte word met hoof- of kleinletters geskryf. Byvoorbeeld:

  • Holstein of holstein
  • Merino of merino
  • Shiraz of shiraz
  • Brie of brie
  • Port of port

 






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties