13 MRT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 13-03-2026 só ingevul:
Ouma is besig om ’n tolletjie ........ in die naaimasjien te sit.
slegs garinge slegs garing gare of garing slegs gare
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld "gare – garing", "Mexiko – Meksiko", "restaurant – restourant", "agtelosig – agterlosig".
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Die baba het ʼn sagte ........ .
veltjie velpie velkie velletjie
Woorde wat op “l”, “m”, “n”, of “r” eindig, voorafgegaan deur 'n kort beklemtoonde vokaal [a, ε, ɔ, ә,] vorm die verkleiningsvorm met “-etjie”. Die slotkonsonant van die stam word verdubbel om die voorafgaande vokaal kort te hou. (AWS 15.7)
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Net voordat die minister ingehuldig is, is sy ........ gelig en is hy gevra om van sy pos afstand te doen.
doopseël doop seël doopseel doop seel
Die idioom "iemand se doopseel lig" beteken ‘iemand se ongunstige verlede openbaar maak’. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo) Die woord "doopseel" word altyd sonder ’n deelteken geskryf.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
My skoene was die ene modder. Wat is die woordsoort van "ene" in bostaande sin?
voegwoord werkwoord adjektief bywoord
'n Bywoord beskryf die werkwoord of 'n adjektief. 'n Mens kan bepaal of 'n woord 'n bywoord is deur te kyk of die woord die vraag "Hoe?" van die werkwoord of adjektief beantwoord.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)