1815 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 24-08-2026 (vlak 3)



vorige toets 24 AUG Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 24-08-2026 só ingevul:



........ my dat ek vandag melk moet koop.
5 % (afgerond)Onthou
Ondhou
92 % (afgerond)Herinner 
3 % (afgerond)Herhinner

In hierdie geval word "herinner" gebruik. As jy sê: "Onthou my", beteken dit dat jy daardie persoon self nie moet vergeet nie.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



Idioom: Iemand uit die ........ slaan.
94 % (afgerond)veld 
1 % (afgerond)stadion
1 % (afgerond)huis
4 % (afgerond)stoel

Hierdie idioom beteken 'iemand uiters verbaas laat'.
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.



Ncebisa het 'n ........ aan my verkoop.
98 % (afgerond)korttermynversekeringspolis 
1 % (afgerond)korttermynversekerings-polis
kort termynversekerings-polis
kort termyn versekerings-polis

Na 'n verbindings"-s" word daar nie 'n leesbaarheidskoppelteken geskryf nie.
Sien ook die bladsy Koppeltekens.



Ek hou daarvan om te gaan stap.
Onder watter subkategorie van die betrokke woordsoort val "te" in bostaande sin?
60 % (afgerond)skakelpartikel
2 % (afgerond)graadpartikel
37 % (afgerond)infinitiefpartikel 
1 % (afgerond)besitspartikel

Partikels word in verskeie subkategorieë verdeel waaronder:
infinitiefpartikel – die “te” in 'om te' besitspartikel – “se”
vergelykings partikel – “so” en “soos”
skakelpartikel – van sit “en” staan kom niks gedaan.

Sien ook die bladsy Woordsoorte.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties