25 AUG (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 1 het die toets van 25-08-2026 só ingevul:
Jy moet jou roer, ........ gaan jy nie betyds wees nie!
anders andersins
Die uitdrukkings "anders" en "andersins" word dikwels verwar. Waar "anders" (Engels "for else") 'verskillend'; 'van 'n ander soort' of 'op 'n ander wyse' beteken, beteken "andersins" (Engels "otherwise") 'op 'n manier'; 'in ander opsigte' of 'as omstandighede anders was'.
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).
Die minister het gesê daar bestaan 'n ........ en ons moet daarvolgens optree.
krisis situasie krisissituasie krisis-situasie
ʼn Samestelling (“krisissituasie”) is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele (“krisis” en “situasie”) bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.
Daai vrou wat die ystervroukompetisie gewen het, is ’n regte ........ .
Amasone amasone ammesone Ammesone
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld "amasone", "kommunis", "protestant", "tikster". Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Raai-raai watter voël hoe-hoe, roep of steun? 'n ........ .
Kiewiet Uil Duif Vink
Duiwe koer, kiewiete skree en vinke kwetter.
Sien ook die bladsy Dieregeluide.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)