1751 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 22-09-2026 (vlak 3)



vorige toets 22 SEP volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 22-09-2026 só ingevul:



Die skrywers behoort aan 'n ........ .
8 % (afgerond)gulde
92 % (afgerond)gilde 

'n Mens noem 'n beroepsvereniging 'n gilde. "Gulde" beteken 'goue', soos in "'n gulde geleentheid" (wat dus as 't ware 'n goue geleentheid is).
Sien ook die bladsy Homofone.



Die voorsitter sal volgende week se vergadering ........ .
49 % (afgerond)aflas
47 % (afgerond)afgelas 
3 % (afgerond)af las

Die werkwoord "afgelas" beteken 'om iets op te hef'. Volgens WAT word "afgelas" in alle werkwoordtye gebruik: Hy het die vergadering afgelas, sy gelas die vergadering af, hy sal die vergadering afgelas. In Nederlands is die infinitief "afgelasten".
Sien ook die bladsy Verlede tyd.



Die akademiese dissipline ........ bestudeer die taal en kultuur van Japan en die geskiedkundige ontwikkeling daarvan.
2 % (afgerond)jappanologie
49 % (afgerond)Japannologie of japannologie 
41 % (afgerond)Japanologie
8 % (afgerond)japanologie

Afleidings van woorde wat met “-is", “-isme”, “-istiek” en “-isties” eindig, word met hoof- of kleinletters geskryf (AWS9.20).
Sien ook die bladsy Afleidings van eiename.



Frankryk se ambassadeur ........ die Verenigde Nasies het 'n beroep op lidlande gedoen om die konflik in Oekraïne op te los.
16 % (afgerond)na
13 % (afgerond)aan
64 % (afgerond)by 
7 % (afgerond)tot

Die ambassadeur "by" die VN, maar "in" 'n ander land en "van" jou eie land.
(Bron: Voorsetselwoordeboek)
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
63% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties