2294 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Meervoude, ens. | Verlede tyd

Algemene beginsels

 

In Afrikaans word die verlede tyd gewoonlik gevorm deur die hulpwerkwoord het, gevolg deur ge-+werkwoord.

 

Teenwoordige tydVerlede tyd
Jan skop die bal. Hy het die bal geskop. 
Susan dra 'n geel baadjie. Sy het 'n geel baadjie gedra.

 

 


Uitsonderings

 

Sommige werkwoorde kry nie 'n ge- in die verlede tyd nie. Dit sluit in woorde wat begin met be-, ge-, her-, er-, ont-, ver-, weer- en onder-. Byvoorbeeld:

  • Die verkleurmannetjie het van kleur verander toe ek hom optel.
  • Hy het erken dat hy die moord gepleeg het.
  • By die tandarts het ek 'n vreemde sensasie in my mond ondervind.

Skakelwerkwoorde, naamlik begin, bly, gaan, help, hoor, kom, leer, ophou, probeer, sien en voel, wat voor 'n ander werkwoord kom, kry nie ge- vooraan nie. Byvoorbeeld:

  • Terwyl die Titanic gesink het, het die orkes bly speel. 
  • Sy het my leer swem.
  • Christelle het in die 800 m haar teenstanders probeer inhaal, maar dit was tevergeefs.

By sommige werkwoorde met twee lettergepe is ge- in die verlede tyd opsioneel. Byvoorbeeld:

  • Ek het die motor voor die winkel (ge)parkeer.
  • Die skoolseuns met die blou oë het gistermiddag (ge)baklei.





Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties