23 SEP (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 23-09-2026 só ingevul:
Ek moet sê, ek dink jou nuwe ........ is baie sexy!
tatoeëermerk tatoeëer merk tatoemerk tatoëermerk
Wanneer twee vokale langs mekaar tot twee verskillende lettergrepe behoort, kry die tweede vokaal ʼn deelteken.
Sien ook die bladsy Deelteken.
Kinders, julle moenie so ........ nie!
slegs te kere gaan of tekere gaan slegs tekeregaan te kere gaan of tekere gaan of tekeregaan slegs tekere gaan of tekeregaan
As jy 'n groot lawaai maak of woes baljaar, gebruik ons die uitdrukking "te kere gaan". Jy kan dit ook "tekere gaan" of "tekeregaan" skryf.
Sien ook die bladsy Betekenisverdigting.
ß-strale ........ dodelik wees.
slegs Kan slegs kunt slegs kan Kan of kan
Indien 'n sin met 'n syfer, getal of simbool begin, kry die daaropvolgende woord, of die eerste letter daarna, nie 'n hoofletter nie.
Sien ook die bladsy Slegs kleinletter.
"Kasper raak in die ban van die sogenaamde swanefluisteraar, ........ hy val vir sy eie fantasie oor die swanefluisteraar." (uit "Die sneeuslaper: verhale" deur Marlene van Niekerk)
slegs over gesetsynde overgeset synde of overgesetsynde slegs over geset synde slegs overgeset synde
Die uitdrukking "overgeset synde" (ook vas geskryf as "overgesetsynde") beteken 'anders gestel; bedoelende'. Ons gebruik dit as inleiding om 'n konsep op 'n ander manier te verduidelik.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)