1753 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 06-10-2026 (vlak 3)



vorige toets 06 OKT volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 06-10-2026 só ingevul:



'n Betaling van R1500,00 is van die huurder ontvang, ........ 'n eerste terugbetaling op die skade wat in die badkamer aangerig is.
4 % (afgerond)siende
6 % (afgerond)seinde
suinde
90 % (afgerond)synde 

Die woord "synde" is die ietwat argaïese teenwoordige deelwoord van die Afrikaanse infinitief, "wees", en die Afrikaanse ekwivalent van die Engelse "being".
Gebruikers verwar "synde" dikwels met "siende".
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Marion vertel graag oor die tyd toe sy saam met haar broer ........ in Bolivië gaan soek het.
11 % (afgerond)pekaries
6 % (afgerond)pekaris
13 % (afgerond)pekarisse
70 % (afgerond)pekari's 

Woorde wat op "i", "o", "u" of 'n beklemtoonde "a" eindig kry 'n afkappingsteken wanneer hy as 'n meervoud gebruik word.
Die pekari is 'n soort wildevark wat tussen Texas en Paraguay voorkom.
Sien ook die bladsy Meervoudsvorme.



Kyk hoe huil ........ oor sy stukkende stoeltjie!
9 % (afgerond)baba Beer
71 % (afgerond)Baba Beer 
8 % (afgerond)Baba beer
13 % (afgerond)baba beer

Indien soortname in 'n literêre konteks (byvoorbeeld in romans, gedigte, dramas, sprokies, kortverhale, fantasieverhale, folklore, bygeloof en dergelike) as eiename gebruik word, begin hulle met 'n hoofletter (AWS 9.3).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.



Dit klink my julle lê ........ se arms!
1 % (afgerond)immekaar
16 % (afgerond)inmekaar
82 % (afgerond)in mekaar 

Die woorde "in mekaar" beteken 'die een in die ander', byvoorbeeld "in mekaar glo". Die woord "inmekaar" beteken 'met dele onnatuurlik na mekaar getrek', byvoorbeeld: Die man sak van uitputting "inmekaar".
Sien ook die bladsy Twyfelwoorde (mits vs tensy).



TOTAALRESULTAAT:
78% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties