3963 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Meervoudsvorme

 

Die woorde in die sin wat jou ʼn leidraad sal gee om meervoud te maak, is woorde soos baie, al die, verskeie, talle, ʼn groep, ʼn verskeidenheid, drie, ensovoorts.

 

Meervoud by kort vokale

Ons skryf die konsonant dubbeld om seker te maak dat die vokaal kort bly.

skooltas word skooltasse

oorbel word oorbelle

lip word lippe

kolom word kolomme

skoolbus word skoolbusse

 

Ander woorde wat ook so werk, is die meervoude van: kat, pan, rak, vak, pet, wet, hek, pen, pil, skim, gif, straf, vis, rib, mik, pop, rok, bos, rob, bom, non, krul, ensovoorts.

Woorde wat op ʼn kort vokaal en 'n f eindig, kry ʼn ww in die meervoud.

stof word stowwe

 

 

Meervoud by lang vokale (die tweelingvokale)

Lang vokale word dubbeld geskryf in ʼn geslote lettergreep en enkel geskryf in ʼn oop lettergreep.

taak word take

been word bene

brood word brode

vuur word vure

 

 

Ander woorde wat ook so werk, is die meervoude van: verhaal, blaar, haar, graad, haas, kraal, maan, steen, geel, roos, boom, hoop, kool, boot, muur, kultuur, slaaf, ensovoorts.

 

Woorde wat op ʼn lang vokaal en 'n f eindig, kry 'n w in die meervoud.

 

stoof word stowe

 

Meervoud net met ʼn -s

By woorde wat eindig op ʼn l, m, n, en r

kinkel word kinkels

derm word derms

teken word tekens

luiaard word luiaards

tuinier word tuiniers

 

Nog woorde wat so werk is: album, palm, storm, vorm, laken, wapen, jagter, werker, bakker, miljoenêr, spysenier, onderwyser, katjie, huisie, ensovoorts.

By verkleinwoorde

hondjie word hondjies

 

Meervoud met ʼn -e 

By woorde met lang vokale of diftonge voor die slotkonsonant

wiel word wiele

boek word boeke

reus word reuse

geluid word geluide

trein word treine

 

Nog woorde wat so werk is: dier, mier, voet, doek, doel, soen, huis, muis, pyl, byl, haai, kraai, laai, plooi, vlooi, rooi, gebou, tou, mou, koei, meeu, spreeu, dief, duif, hand, vurk, ensovoorts.

 

By woorde wat eindig op vokale of diftonge

 

vuishou word vuishoue

eeu word eeue

 

By woorde met ʼn dubbele konsonant aan die einde van die woord

vark word varke

dorp word dorpe

present word presente

berg word berge

morg word morge

borg word borge

telg word telge

Onthou die f aan die einde van 'n woord word meestal 'n w

brief word briewe

Uitsonderings:

nimf word nimfe

triomf word triomfe

hoof word hoofde

giraf word girafs

neef word neefs

reliëf word reliëfs

sjef word sjefs

twaalf word twaalfs of twaalwe

 

Meervoud by woorde wat eindig op ʼn -ng

By (kort) woorde wat eindig op ʼn beklemtoonde lettergreep, kry ons -e as meervoud

slang word slange

tong word tonge

Nog voorbeelde is: wang, tang, sang, ring, ensovoorts.

By (langer) woorde wat eindig op ʼn onbeklemtoonde lettergreep, kry ons -s as meervoud

koning word konings

heining word heinings

doring word dorings

horing word horings

piering word pierings

Nog voorbeelde is: gaping, verrassing, piesang, veiling, kussing, tekening, ensovoorts.

By afgeleide woorde wat eindig op -ing, kry ons dikwels 'n -e of -s in die meervoud


aanbiedinge of aanbiedings

aardbewinge of aardbewings

mededelinge of mededelings

vergaderinge of vergaderings

Daar is heelwat uitsonderings. Byvoorbeeld:

aantyging word aantygings

handleiding word handleidings

nuweling word nuwelinge

ouderling word ouderlinge

 

Meervoud met -te

bees word beeste

fees word feeste

toeris word toeriste

pianis word pianiste

violis word violiste

kas word kaste

lys word lyste

nes word neste

gesig word gesigte

lig word ligte

plig word pligte

produk word produkte

tydskrif word tydskrifte

voorskrif word voorskrifte

bruilof word bruilofte

 

Meervoud waar die afkappingsteken gebruik word

Alle woorde wat eindig op ʼn i, o, u en ʼn beklemtoonde (lang) a, kry ʼn afkappingsteken in die meervoud.

bikini word bikini’s

foto word foto’s

skadu word skadu’s

pa word pa’s

Ander woorde wat ook so werk, is: mini, ski, kiwi, video, tjello, zulu, ma, safari, skoonpa, stiefma, ensovoorts.

Let op dat die volgende woorde NIE afkappingstekens kry NIE:

  • kafee word kafees (want ee is nie deel van die reël nie!)
  • mamma word mammas, pappa word pappas, ouma word oumas, oupa word oupas (want die a is nie lank nie!)
  • nota word notas, papaja word papajas (want die a is nie lank nie!)

 

Meervoud waar die deelteken gebruik word

By woorde wat eindig op ʼn ie, ee of oe en wat ʼn -e in die meervoud bykry.

kategorie word kategorieë

fee word feë

proe word proeë

By woorde wat eindig op ʼn g en waar die wegval in die meervoud.

vlieg word vlieë

oorlog word oorloë

oog word

reënboog word reënboë

kroeg word kroeë

 

Meervoud sonder die deelteken

By woorde wat eindig op ʼn g en waar die wegval in die meervoud.

 

vlag word vlae

plaag word plae

dag word dae

 

Meervoud waar die kappie gebruik word

Die g val weg en die vokaal voor die g kry ʼn kappie.

brug word brûe

sog word sôe

wig word wîe

rug word rûe

 

Meervoud met -ers

Slegs in ʼn paar uitsonderlike gevalle word die meervoud met -ers gevorm.

  • Onthou die f word w
  • Onthou die dubbel konsonant

kind word kinders

kalf word kalwers

lam word lammers

 

Meervoud met -ens

Slegs in ʼn paar uitsonderlike gevalle word die meervoud met -ens gevorm.

  • Onthou die f word w
  • Onthou die dubbel konsonant

vrou word vrouens

nooi word nooiens

lewe word lewens

bad word baddens

bed word beddens

wa word waens

hawe word hawens

gevoel word gevoelens

 

By woorde wat eindig op  -heid

-heid word altyd -hede

besigheid word besighede

moeilikheid word moeilikhede

 

Uitsonderings wat jy moet leer

man word mans of manne

polisieman word polisie

buurman word bure

Fransman word Franse Engelsman word Engelse

-ding word -goed

speelding word speelgoed

eetding word eetgoed

ʼn Paar voorbeelde waar die g en die d aan die einde van die woord wegval

vliegtuig word vliegtuie

voertuig word voertuie

 

tyd word tye

blad word blaaie

pad word paaie

skilpad word skilpaaie

stad word stede

skip word skepe

lid word lede

glas word glase

gat word gate

hof word howe (nie *howwe nie!)

hemp word hemde

bevel word bevele

beleg word beleëringe of beleërings

Sommige maatwoorde bly in die enkelvoud wanneer daar 'n getal voor die maatwoord kom

3 jaar gelede maar baie jare

6 uur lank maar heelwat ure

 

 

8 kilometer maar kilometers en kilometers ver

4 millimeter maar enkele millimeters

In streekstaal is die enkelvoud en die meervoud van party woorde dieselfde

een skaap en baie skaap

een bees en baie bees

een vis  en baie vis in die see

een lap en baie lap

 






  

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties