15 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 15-10-2026 só ingevul:
Mediese fondse word deesdae verplig om sommige ........ siektes te dek.
kroniese chroniese chroniese of kroniese
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe spelling van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “chronies – kronies”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”; “meestal– meesal”.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.
Maak die ........ toe om die skerp lig uit te hou.
hortdjies hortjies horttjies hortentjies
Alle woorde wat eindig op ʼn “d” of ʼn “t” kry “-jie” in die verkleiningsvorm (AWS 17.4).
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.
Ouma vertel elke aand stories van ........ .
jakkals en wolf Jakkals-en-Wolf Jakkals en Wolf Jakkals- en wolf
Indien soortname in 'n literêre konteks (byvoorbeeld in romans, gedigte, dramas, sprokies, kortverhale, fantasieverhale, folklore, bygeloof en dergelike) as eiename gebruik word, begin hulle met 'n hoofletter (AWS 9.3).
Sien ook die bladsy Slegs hoofletter.
Michelle versier haar seun se verjaardagkoek. Wat is die woordsoort van "versier" in bostaande sin?
gangbare hoofwerkwoord oorgangshoofwerkwoord onoorganklike hoofwerkwoord oorganklike hoofwerkwoord
In 'n sin met 'n voorwerp is die werkwoord oorganklik, byvoorbeeld: Michelle versier die verjaardagkoek. 'n Mens kan dit vasstel as daar 'n antwoord op die vraag "Wat?" na die werkwoord is. Indien die sin nie 'n voorwerp het nie, is die werkwoord onoorganklik.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)