21 OKT (klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)
Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 21-10-2026 só ingevul:
Ek het jou mos gesê ........ al hoe minder studente stel daarin belang om 'n addisionele taal aan te leer.
aandagstreep punt komma hakie
Die aandagstreep word in die plek van 'n ellipsteken of dubbelpunt, of woorde soos "naamlik", "te wete", "byvoorbeeld" of "soos" gebruik. (AWS13.2)
Sien ook die bladsy Lees-/skryftekens.
Verbruikersregte was bo-aan die agenda tydens die ........ .
tweede handse handelaarsforum tweedehandse handelaarsforum tweede-handsehandelaarsforum tweedehandsehandelaarsforum
Samestellende samestellings word vas geskryf en bestaan tipies uit ʼn woordgroep (byvoeglike naamwoord "tweedehandse" + selfstandige naamwoord "handelaar") en ʼn selfstandige naamwoord "forum". Die "-s-" is 'n verbindingsklank.
Sien ook die bladsy Samestellende samestellings.
Tannie Poppie is 'n regte ........ ; op 75 klim sy nog die koppies uit om die bokke aan te jaag.
kan nie dood Kan-nie-dood Kanniedood kanniedood
ʼn Persoonsnaam is ʼn afgeleide selfstandige naamwoord wat ʼn persoon aandui, byvoorbeeld “kanniedood”, “kommunis”, “protestant”, “tikster”. Dit begin gewoonlik met ʼn kleinletter.
Sien ook die bladsy Persoonsname.
Die idioom "iemand vertel hoeveel blou boontjies vyf is", beteken 'iemand berispe'. Blou boontjies het reeds in Nederlands die betekenis van 'koeëls' gehad weens die blouerige kleur van lood. Om iemand dus blou boontjies te wys is om hom koeëls te wys. (Bron: Spreekwoorde - Anton Prinsloo)
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.
Verduideliking van die kleure en simbole: die korrekte antwoord (deur jou gekies) die korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie) 'n verkeerde antwoord (deur jou gekies) 'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)