1751 aktiewe gebruikers

Teken aan

Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 22-10-2026 (vlak 3)



vorige toets 22 OKT Geen volgende toets beskikbaar nie
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 3 het die toets van 22-10-2026 só ingevul:



My sussie se kind is die kleinste ........ in die familie.
65 % (afgerond)Cilliers'tjie 
15 % (afgerond)Cilliersjie of Cilliers'jie
3 % (afgerond)Cillierskie
17 % (afgerond)Cillierstjie

Eiename wat eindig op "rs" wat nie uitgespreek word nie, kry 'n verkleiningsvorm met "-'tjie". In Afrikaans word "Cilliers" uitgespreek as 'sil-jee'.
Sien ook die bladsy Verkleiningsvorme.



ʼn Leërkamp in die oop veld waar soldate oornag, meestal sonder tente, staan bekend as 'n ........ .

4 % (afgerond)bievak
9 % (afgerond)bifak
86 % (afgerond)bivak 
1 % (afgerond)biefak

Klankverwarring lei dikwels tot spelfoute, aangesien twee letters dieselfde in Afrikaans uitgespreek word. Twee letters wat dikwels verwar word, is “f” en “v”.
Sien ook die bladsy Klankverwarring.



Ons moet ........ huis toe voor ons natreën.
96 % (afgerond)voetslaan 
3 % (afgerond)voet slaan
foetslaan
voet-slaan

ʼn Samestelling ("oogarts") is ʼn woord wat uit twee of meer woorddele ("voet" en "slaan") bestaan. Samestellings moet vas geskryf word.
Sien ook die bladsy Samestellings.



Die ........ wat ons van die produksie gekry het, was baie positief.
72 % (afgerond)terugvoer of terugvoering 
5 % (afgerond)slegs terugvoering
24 % (afgerond)slegs terugvoer
slegs uitvoering

Volgens die AWS is die woorde "terugvoer" en "terugvoering" albei korrek en word as wisselvorme beskou, hoewel ander bronne 'n onderskeid mag maak.
ʼn Wisselvorm is ʼn alternatiewe skryfwyse van ʼn woord wat steeds korrek is, byvoorbeeld, “terugvoer – terugvoering”; “Mexiko – Meksiko”; “restaurant – restourant”; “teweegbring – teweeg bring”.
Sien ook die bladsy Wisselvorme.



TOTAALRESULTAAT:
80% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






Beter Spellen

© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties