4641 aktiewe gebruikers

Teken aan
Registreer

Na mobiele weergawe


Antwoorde van 22-04-2019 (vlak 2)



vorige toets 22 APR volgende toets
(klik op 'n pyltjie om na 'n ander datum te blaai)


Die deelnemers op vlak 2 het die toets van 22-04-2019 só ingevul:



Ek vind daardie gesang besonder eentonig.
Wat is die woordsoort van "eentonig" in bostaande sin?


76 % (afgerond)byvoeglike naamwoord 
20 % (afgerond)bywoord
2 % (afgerond)voegwoord
2 % (afgerond)voornaamwoord

’n Adjektief of byvoeglike naamwoord beskryf die eienskap van die naamwoord. ’n Adjektief moet voor ’n selfstandige naamwoord kan staan, byvoorbeeld: Dit is ’n “eentonige” gesang. Adjektiewe het ook trappe van vergelyking, byvoorbeeld: “eentonig”, “eentoniger”, “eentonigste”.
Sien ook die bladsy Woordsoorte.




Dit is beter vir 'n mens se gesondheid om ........ te wees.


1 % (afgerond)vergewens-gesind
70 % (afgerond)vergewensgesind 
1 % (afgerond)vergewens gesind
29 % (afgerond)vergewingsgesind

Daar kom feitlik altyd 'n verbindingsklank voor wanneer die tweede komponent van ’n samestelling "-halwe", "-waardig", "-weë" of "-gesind" is. Woorde met verbindingsklanke word altyd vas geskryf
Sien ook die bladsy Verbindingsklanke.




John is ........ as Samantha; hy doen altyd 'n bietjie ekstra.



2 % (afgerond)meer yweriger
75 % (afgerond)yweriger 
ywerigs
23 % (afgerond)meer ywerig

Die meeste woorde in Afrikaans neem “-er” in die vergrotende trap en word nooit saam met “meer” gebruik nie.
Bron: HAT6
Sien ook die bladsy Trappe van vergelyking.




Idioom: 'n ........ aan die bors koester.


3 % (afgerond)Brief
11 % (afgerond)Baba
83 % (afgerond)Adder 
3 % (afgerond)Roos

Die uitdrukking "'n adder aan die bors koester" beteken 'om goed te doen aan iemand wat dit met kwaad vergeld'.
Bron: Spreekwoorde - A. Prinsloo
Sien ook die bladsy Idiome, spreuke en spreekwoorde.




TOTAALRESULTAAT:
76% korrek

Verduideliking van die kleure en simbole:
KORREK GEKIESdie korrekte antwoord (deur jou gekies)
DIE KORREKTE ANTWOORDdie korrekte antwoord (nie deur jou gekies nie)
VERKEERD GEKIES'n verkeerde antwoord (deur jou gekies)
Verkeerd.'n verkeerde antwoord (nie deur jou gekies nie)






  


© 2013 Beter Afrikaans is 'n gesamentlike onderneming tussen die ATKV, VivA en Martin van Toll Producties